“Kruis op die rug, die berg uit”, sê ek vir my vriend toe hy vra hoe die week moet eindig. Ons was besig om die eerste van vele Jesus weke in die koshuis op Stellenbosch te beplan. In daardie dae was ek ‘n volslae Charismat wat hard probeer het om die koshuis vir Jesus te wen. Ek was onder die indruk dat God net daar is waarheen ons hom neem en na aanleiding van die ryke tradisie van stront aanjaag in Simonsberg het ek in my naiwe onskuld tot die slotsom gekom dat niemand nog vir God ‘n kamer in die koshuis gereël het nie. Daarom dan die rede vir die Jesus week. ‘n Hele week waar ons Christene vir die res gaan wys Wie eintlik in die koshuis moet koning kraai. Die agenda het soos volg verloop: ‘n Massiewe plakaat met die naam “JESUS” het in die eetsaal gehang, want elke knie sal mos buig en elke tong erken... Ek onthou nog hoe Loftus, een van dié wat volgens ons nog nie vir Jesus geken het nie, my asseblief gevra het om die plakkaat te verwyder. Daar is immers meer as net Chistene in di...
stories is 'n heilige affêre...