Kry ‘n mens nog sulke mense? Vra ‘n vriendin toe ons haar die storie van ons vakansie vertel? Die storie loop so: ‘n Vakansie sonder ‘n Landy is nie vakansie nie. ‘n Landy sonder ‘n enjin fout is nie ‘n Landy nie. Maak self die somme. 40km hierdie kant van Willowmore op die N9 ruik ek ‘n brandreukie. Iets wat jy nie wil ruik agter die stuur van ‘n 1997 Land Rover Defender nie, maar iets wat jy waarskynlik een of ander tyd gaan ruik. Ek stop en lig die deksel op, rook en olie, niks vreemds nie. Ek klim weer in en draai die sleutel. Hy maak net hô. Ek probeer weer. “Hô” praat die enjin terug. En daar sit ons. Vroulief op die foon met ‘n rekenaarstem wat belowe hulp is op pad en ek besig om die wiel ‘n tradisionele skop te gee terwyl ek my my voorkop herhaaldelik teen die truspieeltjie se skerpkant slaan (dis glo ‘n standaard prosedure in die geval van ‘n break down). Terwyl die lamheid van gestrand wees die hoop op ‘n seevakansie laat wegkwyn in die Groot droë Karoo skemer, stop ‘...
stories is 'n heilige affêre...