Skip to main content

Posts

Showing posts with the label kersfees

Karoo Kersverhaal

Kry ‘n mens nog sulke mense? Vra ‘n vriendin toe ons haar die storie van ons vakansie vertel? Die storie loop so: ‘n Vakansie sonder ‘n Landy is nie vakansie nie. ‘n Landy sonder ‘n enjin fout is nie ‘n Landy nie. Maak self die somme. 40km hierdie kant van Willowmore op die N9 ruik ek ‘n brandreukie. Iets wat jy nie wil ruik agter die stuur van ‘n 1997 Land Rover Defender nie, maar iets wat jy waarskynlik een of ander tyd gaan ruik. Ek stop en lig die deksel op, rook en olie, niks vreemds nie. Ek klim weer in en draai die sleutel. Hy maak net hô. Ek probeer weer. “Hô” praat die enjin terug. En daar sit ons. Vroulief op die foon met ‘n rekenaarstem wat belowe hulp is op pad en ek besig om die wiel ‘n tradisionele skop te gee terwyl ek my my voorkop herhaaldelik teen die truspieeltjie se skerpkant slaan (dis glo ‘n standaard prosedure in die geval van ‘n break down). Terwyl die lamheid van gestrand wees die hoop op ‘n seevakansie laat wegkwyn in die Groot droë Karoo skemer, stop ‘...

Die dag toe Mev.Paashaas Kersfees gered het.

Dit was nie ‘n gewone kersfees nie. Kersvader was immers nog altyd op sy pos, sedert die heel eerste kersfees toe kinders nog met houtspeelgoed tevrede was. Maar hierdie kersfees het die ou man met die wit baard en die groot boepens ‘n lelike verkoue opgetel toe hy een oggend vroeg in die sneeu met sy slee vasgesit het. Die Kersfees Maatskappy het wyd en syd gesoek vir ‘n plaasvervanger vir Kersvader. Al die bekendes het vir sy pos aansoek gedoen. Van die Tande Muis tot Liewe Heksie. Selfs die Man op die Maan het sy CV ingestuur, maar weens die hoe brandstofpryse kon hulle dit nie bekostig om hom vir ‘n onderhoud te kry nie, sy aansoek is dus nie aanvaar nie. Op die ou einde van die dag het Mnr.Paashaas die beste in die onderhoude gevaar. Hy het immers baie ervaring van publieke vakansiedae en moet self tydens ‘n baie besige naweek die wereld vol sy rondtes doen om seker te maak dat almal paaseiers het om weg te steek. Die Kersfees Maatskappy het toe besluit om vir Mnr.Paashaa...