Skip to main content

Posts

Showing posts with the label doop

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

Doopwater in my whiskeyglas.

Ek is gedoop in die jare tagtigs in my Ouma Caroline en oupa Piet se kerk op Villiersdorp. Dis waar my ma haar belydenis van geloof af gelê het. Ek onthou as kind, wanneer ons vir my ouma en oupa gaan kuier het, was die kerktoring die eerste ding wat ‘n mens gesien het as jy die dorpie binne gery het. Statig, vorstig, broederbonderig, erg nasionaal, soos dit maar was met die meeste NG Gemeentes van die jare sewetigs en tagtigs. Tydens my doop het die dominee ‘n pikswart toga gedra. Weerskante van die kerk het die ouderlinge en diakens gesit, soos pikkewyne geklee in swart en wit. Die vroue het hoedens gedra en pragtige Sondagrokke. Die plaasbakkies het op die werf agtergebly en die Sondagmotors is uit die waenhuise getrek, blinkgevryf deur die plaaswerkers en netjies in gelid onder die akkerbome van die kerk se parkeerterrein geparkeer. Die atmosfeer tydens my doop was stemmig en gewyd. Die preek is voorafgegaan met dinge wat vir ‘n kind vreemd op die oor geval het. Woorde soo...