Ek hoor dikwels die “reeds-baie-holrug-geryde, maar-tog-spyker-op-die-kop-waar” stelling : Christene is fake. “Julle leef nie wat julle verkondig nie. Voor die dominee is julle heilig, maar by die braai is jy vol grappies. Die manier hoe julle oor God praat klink oud en oor sy vervaldatum, soos melk in ‘n straatkaffeeyskas. Die God waarvan julle sing en bid het iewers duskant die 325 afgetree, of 6000 jaar gelede opgehou skep. Volgens julle rus Hy nou...” Maar dalk is die probleem nie individuele Christene nie (in elkgeval nie die hele lot nie), maar eerder die paradigma waarin Christene hul geloof probeer verwoord het en die gebrek aan goeie, bevrydende intellektuele leiding, wat ons gebring het tot waar ons nou is. Die kerk was eens op ‘n tyd die intellektuele pasaangewer in ‘n donker wêreld vol bygelowe en vrese. Totdat die mense begin droom en ontdek het. Copernicus, Columbus, Descartes en Darwin het met nuwe stories, metafore, idees en feite vorendag gekom. Later, met die koms van...
stories is 'n heilige affêre...