Skip to main content

Yunis (Iewers verlede jaar geskryf)

Elke tweede week help Yunis om ons huisie weer leefbaar te maak. Ons het die gebruik om aan die einde van die dag, voor ons haar na haar huis in Bloekombos neem, saam koffie te drink. Meeste van die tyd is daar nie eintlik iets spesiaal aan die klein ritueel nie. Sy sit by die tafel en ek maak die koffie. Melk met drie suiker, ek drink dit swart, Elmarie drink tee. Dit is selde dat ons praat. Waarskynlik omdat die twee werelde net te groot is en die tyd wat ons haar ken te min.

Verlede week was egter anders.

Dieselfde storie, drie suiker, een met melk die ander een swart en ‘n potjie tee.

Ons vra haar uit oor haar kinders.

Sy het vier, die eerste een gekry op 17, sy is nou 34, uiteindelik getroud.

If we get pregnant now, it ill be very bad, se Elmarie.

Ek verstik amper aan my stuk beskuit.

Why? vra Yunis.

Ag Yunis, we are too young.

No, you should have two by now.

Eish, is al Xhosa wat ek op daardie oomblik uitkry.

No, we first want to see the world.

A child is a blessing, Faure, you must try a child.

Ons weet Yunis, maar net nie nou nie.

Hoekom nie?

Ai Yunis, We dont have enough money.

You dont need a lot of money to raise a child.

En toe gebeur dit, tussen doodgewone koffie en tee, net voor chaila tyd, die karios moment:

Yunis leun terug op haar stoel en beduie met ‘n stuk beskuit:

Faure, if you wait for money, you will never do anything.

Ek kyk vir El, sy kyk vir my en al gaan ons wragtag nie nou try for a child nie, is sy met haar vier kinders in Bloekombos, een van die min mense wat verstaan hoe eenvoudig goed God is.

Comments

Popular posts from this blog

Die Pretzel

Ek het hierdie storie die eerste keer gehoor uit die mond van die bekende storieverteller Nico Nel. My weergawe klink so: In die hoogbloei jare van stoei (daai tyd was daar baie bloed betrokke), was Jan van Pretoria die land se nommer een stoeier. En met stoei bedoel ek nie die rofstoei soort wat ‘n mens op e-tv sien nie, nee ek bedoel amateurstoei. Daardie soort waar jy met ‘n rooi of ‘n blou broekie stoei. Ek was self ‘n kranige klein stoeiertjie, maar dit was lank nadat hierdie voorval plaasgevind. Jan het van Lichtenburg se wereld afgekom, sy van was Van Pretoria. Hulle het hom die posterboy van stoei genoem, aangesien al wat ‘n stasiedorp nooientjie ‘n Huisgenootmiddelblad plakaat van Jan van Pretoria van Lichtenburg teen hulle kamerdeure gehad het. Daardie nooientjies behoort nou almal mooi vroue van diep in hulle 80’s te wees en al lewe Jan lankal nie meer nie, stoei hy nog snags in die slaapkamers van menigte ouetehuise. Jan van Pretoria van Lichtenburg in aksie ...

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

Skurwejantjie en die pitsweer

“Die hele straat is vrot van die pitswere” kla Tannie Gladdis by Oom Skurwes. “Vandat die Vuil Frikke in die woonstel onder die straat ingetrek het, is al wat ’n kind oortrek met pitswere en omlope.”   “O” mompel Oom Skurwes terwyl hy oor die koerant loer. Sy koffie staan al ’n uur lank langs hom. Hy het nog nie ’n sluk daarvan gevat nie. “Gaan jy nie jou koffie drink nie?” blaf sy vrou.  “Wat meen jy nou?” vra die oom. “Ek drink dit mos”. “Mos? Weet jy wat is mos? Dit groei aan die donkerkante van ou bome en klippe. Jou koffie staan al ’n uur lank daar en koud word. Waar was ek nou weer? O ja, omlope en pitswere.” Skurwejantjie weet al lankal dat hy hom nie eintlik hoef te steur aan sy ma en pa se oor en weer bakleiery nie. Sy maats dink altyd dat sy ouers vreeslik kwaai is, maar hy weet dat dit maar net hulle manier is van praat met mekaar. Die dag as sy ma of  sy pa regtig kwaad is, dan is selfs die duiwels en die booswigte bang om uit hul gate en grot...