Skip to main content

Verandering

Ek kyk vandag vir myself in die spieël. Ek sien lyntjies, sproete en merkies. Ek sien jare se onvermoë om uit my maag te lag. Ek sien die onseker oogkontak tussen my en mense vreemd en bekend. In my mondhoeke skuil die vervolmaakte kuns van flou grappies om die kollig weg van myself of subtiel op my te kry. Ek sien die lugleemte in my binneste van te min dink, te min droom, te min glo en te min hoop. Ek sien die oggende van nie bly wees oor nog ‘n dag nie. Ek sien die jukstaposisie tussen my krag en my swakheid. Ek sien dat ek te dikwels oorleun in die rigting laasgenoemde. Ek sien die min slaap, die laat slaap, die lusteloosheid van die afwesigheid van passie wat deur my are borrel.

En nou...nadat ek lank genoeg na hierdie “hopeloos te oud vir sy tyd” gesig gestaar het, besluit ek om depressie ‘n moerse pit te druk. Fok dit! Fok die gat waarin ek gekruip het. Vandag klim ek uit, so help my God.

Vandag voel ek nie meer ‘n veer nie. Vandag delf ek diep in my binneste vir die flikkering van vryheid wat in my wag om op te staan. Vandag skud ek die bliksem tot hy wakker word, met ‘n koue stort was ek die slaap uit my lyf en kondig luidkeels aan:

Vandag is ek ‘n vry fokken mens!

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addict...

Die Pretzel

Ek het hierdie storie die eerste keer gehoor uit die mond van die bekende storieverteller Nico Nel. My weergawe klink so: In die hoogbloei jare van stoei (daai tyd was daar baie bloed betrokke), was Jan van Pretoria die land se nommer een stoeier. En met stoei bedoel ek nie die rofstoei soort wat ‘n mens op e-tv sien nie, nee ek bedoel amateurstoei. Daardie soort waar jy met ‘n rooi of ‘n blou broekie stoei. Ek was self ‘n kranige klein stoeiertjie, maar dit was lank nadat hierdie voorval plaasgevind. Jan het van Lichtenburg se wereld afgekom, sy van was Van Pretoria. Hulle het hom die posterboy van stoei genoem, aangesien al wat ‘n stasiedorp nooientjie ‘n Huisgenootmiddelblad plakaat van Jan van Pretoria van Lichtenburg teen hulle kamerdeure gehad het. Daardie nooientjies behoort nou almal mooi vroue van diep in hulle 80’s te wees en al lewe Jan lankal nie meer nie, stoei hy nog snags in die slaapkamers van menigte ouetehuise. Jan van Pretoria van Lichtenburg in aksie ...