“Kruis op die rug, die berg uit”, sê ek vir my vriend toe hy vra hoe die week moet eindig. Ons was besig om die eerste van vele Jesus weke in die koshuis op Stellenbosch te beplan.
In daardie dae was ek ‘n volslae Charismat wat hard probeer het om die koshuis vir Jesus te wen. Ek was onder die indruk dat God net daar is waarheen ons hom neem en na aanleiding van die ryke tradisie van stront aanjaag in Simonsberg het ek in my naiwe onskuld tot die slotsom gekom dat niemand nog vir God ‘n kamer in die koshuis gereël het nie. Daarom dan die rede vir die Jesus week. ‘n Hele week waar ons Christene vir die res gaan wys Wie eintlik in die koshuis moet koning kraai.
Die agenda het soos volg verloop:
‘n Massiewe plakaat met die naam “JESUS” het in die eetsaal gehang, want elke knie sal mos buig en elke tong erken... Ek onthou nog hoe Loftus, een van dié wat volgens ons nog nie vir Jesus geken het nie, my asseblief gevra het om die plakkaat te verwyder. Daar is immers meer as net Chistene in die koshuis, het hy namens die randfigure gepleit. Sy pleidooi het op dowe ore geval. Hier staan ek, ek kan nie anders nie, het ek hom soos Paulus van ouds geantwoord. Na die tyd het ek egter alles behalwe soos ‘n wenner gevoel.
Die week moes met ‘n big bang eindig (natuurlik was ons salig onbewus van hierdie tikkie dubbelsinnigheid...). Sprekers, predikers en ‘n kerkband het aand na aand vir die koshuis vertel hoe nodig hulle Jesus het. Ons het gebid en gevas vir ‘n herlewing soos destyds in Wellington toe Andrew Murray se gemeente eweskielik in tale begin bid het. Ons het gehoop dat ‘n hele klomp Stellenbosch heidene, hulself dan tot die Christendom sal bekeer. Dat die meeste van die studente uit ‘n Christen konteks gekom het en waarskynlik almal oumas en oupas het wat hulle knieë vir die jongklomp deurgebid het, het in hierdie konteks nie veel in hul guns getel nie. In ons oë was almal wat nie openlik hul geloof in Jesus uitleef nie verseker verlore.
Elke jaar aan die einde van Jool is die tradisie dat die HK en al die eerstejaars saam Simonsberg uitklim. Dit was dan ook die rede waarom ek met die brainwave gekom het om ‘n houtkruis op die berg te gaan staan maak. So sal al die nuwe eerstejaars, wanneer hulle bo-op die berg kom, die kruis sien en dan weet in Simonsberg is Jesus koning.
Dit was die plan...
Met ‘n twee en half meter hoë kruis, rugsakke vol sement, klippe en genoeg water om die dagga aan te maak, is die bitter einders van daardie week toe die Sondagoggend die berg uit. Dit was ‘n trietsige môre met wolke orals rondom die berg. Ek het bietjie gevoel soos Moses jare terug op die berg Sinai. Ons het die kruis geplant duskant die groot hoop rivierklippe wat die nuwe HK jaarliks daar opdra. Dit was in ons klein wêreldjie ‘n triomfanklike oomblik. ‘n Keerpunt, so het ons gehoop, in die geskiedenis van ‘n koshuis sonder Jesus. Ons het tussen die wolke deur oor Stellenbosch gekyk en vir die soveelste keer daardie week vir die koshuis se verlore siele gebid.
Baie trots op my via dolorosa van daardie oggend het ek later die middag in Oom Danie die koshuisvader vasgeloop. Nou Oom Danie was nie jou gewone tipe koshuisvader nie. Hy het ‘n ou BMW motorfiets (perfekte kondisie!) klas toe gery en die res van sy tyd houtwerk in die koshuis garage gedoen. Oom Danie het nooit iets op iemand afgeforseer nie. Hy het elkeen in die koshuis se storie geken. Hy het jou met ‘n eerlike respek hanteer. Oom Danie was ook nie jou tipiese gelowige kerkmens nie. Ek is eintlik nie seker of hy glo nie. Ek weet ook nie wanneer laas Oom Danie uit vrye wil in ‘n kerk was nie, maar ek onthou Oom Danie as iemand met ‘n besonderse liefde vir die aarde en alles daarop.
Ek vertel hom toe met groot brawade van hoe ons die kruis bo-op die berg geplant het.
“Hoekom sou julle dit wou doen?” vra hy toe skepties.
“Sodat almal wat daarbo op die berg kom ook bewus sal wees van God se teenwoordigheid, oom.” antwoord ek ‘n bietjie oorbluf, maar so heilig soos oomblik dit kon toelaat.
Die stilte tussen my en hom het die koshuiswasmasjiene vir oomblik na ‘n dowwe geluid in die verte laat klink. Oom Danie het woordloos daar gestaan, so asof ek nie nou net nie ‘n diep teologiese stelling gemaak het nie.
En toe met een vraag en ‘n voetnota daarby sit Oom Danie ‘n revolusie binne my aan die gang wat eers jare later die hekke van my godsdienstigheid bestorm het en hul uit hulle skarniere geruk het:
“Hoekom is twee teerpale nodig vir jou om God bo-op 'n berg te vind? Die fynbos, rotse en die asemrowende uitsig is mos genoeg...

Comments
As jy wil weet hoe mens jou eie feed daar kry - Dis klaar daar. Die RSS feed is automaties jou laaste post op jou blog.
As jy wil weet hoe mens ander mense se RSS feeds kry, daar is onder Layout - Page Elements 'n RSS feed ding, en jy tik maar net in die "widget" die ander mense se RSS feed in.