Ek doen baie troues, dit kom met die job. Hierdie jaar het ek al reeds 14 troues agter die blad (uitsluitend die klomp waar ek net ‘n gas was). Vir my is die vreemdste karakter by ‘n troue nie die skoonma nie, maar eerder die fotograaf. Jy sien hom al ‘n myl aankom, kamara op elke heup, sonbrille op sy kop (selfs in die kerk!), ‘n ou Cape Union Mart baadjie met baie sakke en ‘n houding wat vertel dat die dag eintlik daaroor gaan om die beste en mooiste fotoalbum van jou troue te hê. Die beste fotograwe kry dit darem reg om subtiel die partytjie oor te neem, maar die meeste van die tyd voel dit soos die stert wat die hond swaai soos die kamara manies flits en die bruidspaar weer en weer die soen moet “pose” voordat die seremomie kan verder gaan. Wanneer troues meer oor die fotoalbum gaan as oor die wonderlike partytjie tussen ou en nuwe vriende, dan laat dit my altyd dink aan my grootste renons met godsdiens. Dit het deur die eeue die kuns bemeester om die heilige, alledaagse, beeldskon...
stories is 'n heilige affêre...