Ek en El is mal daaroor om vriende by ons huis te ontvang. Vir ons is dit kerk. Vriende en vreemdelinge rondom ‘n tafel vol kleure en geure. Kerse brand die wêreld vol, die kombuis is warm op ‘n koue wintersaand. Glase vol goeie wyn beloof dat die aand nog wonderlike stories gaan optower. Ons praat en lag en elkeen rondom die tafel se woorde word gehoor, se lewens kry ‘n plek op ‘n podium. Ons raak diep en filosofies, soms laf en kinderagtig. Nog elke keer rondom ons kombuistafel, selfs die kere waar ons een van my ma se tuisnywerheid pasteie warm maak, het ek gevoel dat die spasie tussen ons en God besonders dun is.
Deur die eeue het gelowiges van sulke spasies as “Thin Places” gepraat. God is amper tasbaar naby.
Een van ons vriendinne, Daleen Crafford...is ‘n kos fundi by uitstek. Wanneer sy vriende by haar huis ontvang is dit gewoonlik ‘n fancy affêre. Sy gaan groot met die geregte, maar bedien elke dis apart. En sy vat haar tyd, teen twaalf uur is daar nog geen sprake van poeding nie,( en dan praat ons van ‘n weeksaand). Die volgende dag is jy absoluut useless, maar met ‘n verskil...jy voel dekadent oor die lewe want iemand het gisteraand haar beste silwer, mooiste glase en wonderlikste geregte opgetower om jou spesiaal te laat voel.
Dit het natuurlik gou die identiteit van ons hele vriendekring word. Ons noem onsself The Saints.
Ons glo dat elke keer wanneer vriende bymekaar kom en die lewe en die liefde vier, daar is God.
Dalk is jy wat hierdie woorde lees, ook so.
Iemand wat selde in die kerk kom, maar gereeld saam met vriende kuier. Dalk het jy al lankal begin voel dat die kere wanneer jy jou hart met iemand spesiaal rondom ‘n vars gebakte brood, regte botter en heerlike kase deel, voel dit vir jou asof jy iets van die sin van die lewe begin verstaan.
Of dalk is jy die ou met die great braai by die huis. Jy het ekstra moeite gemaak met die afdak en die mooi dek wat uitloop op die swembad, nie omdat jy gesien het dat Top Billing dit doen nie, maar omdat jou familie en vriende vir jou belangrik is en jy kuier die heel lekkerste saam met hulle as jy sien dat hulle ook hulself geniet.
Of miskien het julle gesin die gebruik om ten minste een keer in ‘n week saam te eet, want nog elke keer wat julle dit nie gedoen het nie, het jy ver van jou man of jou kinders begin voel.
Of dalk het jy sopas jou eerste kruie begin plant. Of jou eerste skaapboud in die oond probeer. Of jou eie vla gemaak.
Ek en El en die res van die Saints glo dat in hierdie misteriese mooi oomblikke, hoe alledaags en eenvoudig ookal, iewers in dit beleef ons God.
Geen wonder dat Markus, Matheus en die res van die span so baie keer stories vertel van Jesus en sy dissipels saam geëet het nie. Een van die eerste woorde wat Jesus na die opstanding vir sy disspels gesê het was: Is julle ook honger? Ek is nou lus vir vars vis oor die kole?
Maar met Jesus, soos eintlik elke keer met Jesus, dop hy die hoofstroom godsdienstige kultuur heel te mal op sy kop.
Soos die keer toe hy die berugte Saggeus raakgeloop het en hom gevra het of hy wat Jesus is saam met Saggeus kan lunch. Die middagete verander toe in ‘n groot partytjie en iewers in die aand verander Saggeus se lewe en ‘n proses van herstel en genesing begin vir hom en sy vriende realiseer.
Of die keer toe Jesus deur een van die grootkoppe in die plaaslike gemeente vir ‘n ete genooi is, maar die aand met ’n skaarsheidmentaliteit ontvang is. Volgens Jesus was die vibe net so koud soos die kos. Later die aand het een van die dorp se wilde vroue ongenooid by die huis opdaag en ‘n duur bottel parfuum op sy voete uitgegooi. Ek vermoed vir die res van die maand het die reuk in die huis gehang, maar die daad van oorvloed van ‘n ongenooide vreemdeling eggo nog steeds diep in die toekoms in.
‘n Ander keer het hy en sy dissipels op die Sabbat deur ‘n koringland geloop. Terwyl hul so loop, loop en pluk Jesus en Thomas van die koring are en eet dit. Uit die bloute dop ‘n Fariseer uit, soos ‘n mens maar van hulle kan verwag, en raas met Jesus oordat hy op die Sabbat eet. Jesus antwoord hom dat hy eintlik die hele punt van spiritualiteit mis. Mense eerste, godsdiens tweede.
Maar my gunsteling storie klink soos volg:
Jesus en sy vriende was gaste by ‘n troue. Half pad in die aand in, het die wyn opgeraak. Die bruidegom se pa het waarskynlik die gaste onderskat, maar dan kom Jesus en verander water in wyn. Goeie wyn, soveel so dat die seremoniemeester half verbaas na die bruidegom draai en vra waarom hierdie pryswenner wyn nou eers op die tafels bedien word.
Niks van hierdie storie vertel van skaarsheid nie. Dit is oorvloed in elke sin van die woord. Nadat almal reeds oorgenoeg gehad het, kom Jesus en maak wyn genoeg vir nog 2400 glase! Hierin le natuurlik ‘n wonderlike stuk ironie opgesluit. Deur die eeue het Christene stywe lip getrek oor musiek, dans, partytjies, feesviering en heerlike laataand kuiers rondom goeie wyn, dit terwyl die Argitek van ons geloof by ‘n troue opgedaag het met 600 liter wyn as ‘n trougeskenk!
En so skop die koninkryk van God af, oorvloedig, oordadig, uitbundig, uitspattig, lekker laf, met Jesus wat nuwe lewe bring in ‘n oomblik wat lyk of dinge wil platval.
Maar wat die dag daar in Kana gebeur het, was baie meer as net ‘n party trick van ‘n rabbi wat daarvan gehou het om saam met sy vriende te kuier. Wanneer die wyn halfpad by ‘n troue in Jesus se tyd opgeraak het, sou die dorp nog lank daarna oor die skande van die pa skinder. Anders as vandag het troues ‘n hele week geduur en feitlik die hele dorp was daarby betrokke. Dit was ‘n jolige affere en in ‘n sekere sin ook ‘n af show geleentheid. ‘n Manier vir die pa om te wys hoe trots hy op sy seun en sy nuwe vrou is.
‘n Goeie pa beteken ‘n great partytjie, ‘n swak pa beteken ‘n vrot partytjie.
En so, terwyl die gaste opnuut ‘n glasie op die bruidspaar geklink het en verras ‘n tweede keer geproe het hoe goed die nuwe wyn smaak, het skande en skaamte verander in vreugde en blydskap. Nog lank daarna sou die gaste vertel van hoe wonderlik die troue was, maar die bruidegom en sy pa, sou ‘n ander storie vertel, een van hoop, nuwe lewe, tweede kanse en ‘n heel ander alternatief op die lewe.
Dis egter nie waaroor hierdie storie gaan nie. Die storie het immers ‘n kinkel in die kabel.
Die waterkanne wat volgens die Joodse geloof gebruik was om die bruilof meer heilig, meer aanvaarbaar voor God te maak, het Jesus gebruik om die water in wyn te verander. Dit wat in die Joodse tradisie probeer om die spulletjie meer kerklik te maak, gebruik Jesus om dinge meer jolig en uitspattig te maak. Kanne van skande en skaamte word kanne vol goeie wyn sodat vriende en vreemdelinge nog tot in die ou nag kan lag, dans, kuier en gesels.
Met die water wat in wyn verander het, het ‘n nuwe era vir mense en hul lewe saam met God aangebreek. Van toe af, wanneer oomblikke van verleentheid verander in betekisvolle momente van vreugde en vryheid. Wanneer mense in die rigting van hoop en nuwe geleenthede beweeg en elke keer wanneer vriende saam die oorvloed van die lewe geniet, is God nader as ooit.
Godsdiens het opgeskuif en plek gemaak vir die lewe.Verhoudings is groter as formeliere. Vriendskappe vervang vergaderings en in plaas van tempels en groot geboue word die plekke waar vriende feesvier, die heiligdomme waar God mense ontmoet.
Mag ons deel in die glase goeie wyn. Mag ons mekaar se bekers vol skink en ‘n heildronk op die lewe drink. Mag ons sien hoe God ons vry maak van verleentheid en neem in die rigting van vreugde en mag ons uit ons godsdienstigheid uit beweeg en God tussen ons vriende vind.

Comments
Dalk is dit wat God eintlik in gedagte gehad van die begin af. Totale genot, om 'n vuur, om goeie wyn, lag en lawwigheid, vrolikheid en liefde.
Die hele idee van "heiligheid" uitleef sodat alaml kan "sien" klink al hoe meer verspot vir my.
Whao!