Hier vanuit ‘n vreemde land voel alles weer nugter en normaal, dis nou wat my emosies, vrese en vrae rakende die Republiek aanbetref. Ek vermoed dis bietjie anders wanneer jy elke dag die Beeld en die Rapport se brokkies (ou)nuus teen die straatligpale lees. Wanneer jy daar tussen Toskaanse boustyle, agter duur elektriese heinings wat 24uur deur “hulle” vir wie ons bang is opgepas word. Wanneer jy daagliks in jou groot, swart 4X4 die kinders by die privaatskool aflaai, jou haarkapper besoek, die nuutste skinder en klagtestories opdis en dan by die Virgin gym, saam met die res van die sokkermammas, rondom ‘n aarbei smoothie en skinny lattes praat oor Australie en Kanada en die visums wat nie wil realiseer nie. Wanneer Malema en Eugene die lugtyd kaap, lewend en sterwend. Wanneer oumas in huise vermoor word en babas in wiegies aan hul eie bloed verstik, wanneer skote klap, ruite breek en iewers agter 'n blink lessenaar ‘n hoogeplaasde die rassekaart speel en so die bal van veran...
stories is 'n heilige affêre...