Ek skryf 'n kort inskrywing vanuit Utrecht, Nederland. Ons toer Britanje en Europa vir drie weke. Sulke geleenthede gee 'n mens mos kans om weer met nuwe kykers te kyk na jou eie land, sy mense en jou eie verkongtheid daaraan. Nou, ek is verknog, versot, verlief op Suid-Afrika. Ek kan voel dat iewers in die verlede het my voorsate hier op die nooderlike vasteland diep spore getrap, maar sedertdien het die Afrikagrond my bloed gevlek met 'n diep, bruinrooi.
Ek hoort Suid.
Ek hoort Suid.
Comments