Skip to main content

Orlando Bulls

Hoekom die bohaai oor Orlando stadium en die Bloubulle? Daar word mos al lank sokker gespeel op Loftus, Ellispark en op Nuweland? Hoekom haal daai wedstryde nie die nuus nie? Word die sokkerondersteuners ook so goed ontvang in Pretoria soos die rugbyondersteuners Saterdag in Soweto ontvang gaan word? Dis sommer ‘n paar goed waaroor ek wonder so op die vooraand van die Bulls vs Crusaders wedstryd in Soweto.


Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink dit is great! Wie sou kon dink dat eendag ver in die toekoms die ou Noord-Transvaal in Soweto gaan rugby speel, nogal vir ‘n semi. Wie sou dan nog daarby kon droom dat die stadion binne etlike ure uitverkoop sal wees en dat die locals van Soweto nie kan wag om die “boere” van Pretoria ‘n ding of twee oor braaivleis te leer nie.

Die nuwe SA, you gotta love it!

OK, terug na my openingsparagraaf. Hoekom die bohaai? Wat maak dit so vreemd wanneer ‘n oorwegende wit, Afrikaanssprekende sportspan en hul oorwegend wit Afrikaanse ondersteuning in Soweto gaan laertrek? Of mis ek die punt? Is dit agv die Bulle se identiteit met stadion soos Loftus en ‘n “dorp” soos Pretoria, of bring dit ou wonde na vore en die hoop op versoening en herstel?

Dalk beide? Maar ek kan nie help om te hoop dat dit meer met laasgenoemde te doen het nie.

Miskien besef ons almal die wonderlike ironie hiervan. Dalk voel ons aan dat dit flippen hoog tyd is dat die bakkies met die blou balle (toevallige dubbelsinnigheid...) die gasvryheid van 'n plek soos Soweto beleef. Dat boy en boer 'n boerie kan deel en dat niks van die ou fights meer saak maak nie. 

En miskien het die meeste van ons, van wit tot swart, van Pretoria tot Soweto, van rugby ondersteuners tot sokker supporters, die brandende behoefte dat die afgebrande bruêe weer opgebou sal word. Ons sal enige daad van versoening soos koeksisters opeet, solank dit net nie met ‘n politieke agenda kom nie.

Dus kry die sokker en rugbybase steeds meer reg wat eenheid en nasietrots aanbetref as enige politieke party of leier (Madiba en Tutu uitgesluit...).

Ek is nie ‘n Bul ondersteuner nie, my hart hoort immers Suid. Maar wragtag kom môre five o clock en ek skreeu “Go Victor” soos laas teen die Chiefs. Ook maar net tot 19:00, want dan voel ek ‘n veer vir versoening en nasietrots...

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addict...

Uit met die oudedoos...

Ek het sopas van ‘n doos vol boeke ontslae geraak. Lanklaas het ek so verlig en bevry gevoel soos nou. Hierdie boeke het ek sedert my studies by die kweekskool op Stellenbosch bymekaar geskraap en met my saam gedra met die hoop om iewers agter ‘n kansel een van hulle aan te haal. “Hoe anders gaan die kerkraad weet ek is my sous as prediker werd?” het ek naiwelik in daardie dae gedink toe ek keer op keer met nog ‘n teologiese treffer onder my arm by die plaaslike boekwinkel uitgestap het. Maar soos die nadraai van kweekskool aangebreek het en die krake in my godsdienstige viniel begin wys het, het ek tot bevrydende slotsom gekom dat ek nog nie een van hierdie boeke gelees het nie. ‘n Paar het al sover gekom om my aandag tot duskant die inhoudsopgawe te kry, maar dan sou die Huisgenoot in die toilet my aandag trek en Calvyn, Jonker, Durand en Barth sou dan weereens moes wag vir ‘n nuwe roering van die akademiese gees in my. 6 jaar se studies en ek weet nog steeds nie wat beteken “plaatsb...