Ek skryf vanaand oor my ontydige ontmoeting met die dood, my eie dood om presies te wees. My muse terwyl ek skryf is die bekfluitjie van Bob Dylan.
(“it's getting dark, too dark to see, I feel I am knocking on heavens door...”)
Die afgelope paar weke stoei ek met simptome wat wissel tussen malaria, bosluiskoors, sinussitus, babalas en een of ander bakteriele bliksem in my binneste. Oor die algemeen het ek die gemoedstoestand (asook die spysvertering) van ‘n ouma agter op die backseat terwyl haar kleinkind sy "maiden voyage" deur Bainskloof Pas onderneem, in pa se nuwe Audi...
Die dokters gooi egter klippe in die bos om te kyk wat uitspring, dus het ek nou al buiksonars, breinskanderings en ‘n wilde lumber punch agter die blad (laasgenoemde was regtig agter die blad). Iemand moet nou nog net my prostaat kom voel dan is die hele boksomdice gecover.
OK, so waar was my ontmoeting met die dood? In al die bogenoemde natuurlik. Ek doen nie goed met naalde, pille en hospitaalgange nie. Vra maar my vrou, ek is ‘n pissie as ek siek is.
(“hey Mr. Tamborine Man, play a song for me, I am not sleepy and there is no place I am going to” )
My ontmoeting met my dood het egter min te doen met my huidige ongesteldheid en meer met my verbeelding oor die onsekerheid wat saam met siekwees kom, veral wanneer goed soos breinskanderings en lumber punches betrokke is.
Ek wil dus iets skryf oor die angs van pasient wees en die mag van die geneesheer.
(“just remember darling, all the while, you belong to me...i’ll be so alone without you, maybe you’ll be lonesome too”)
Die alleengevoel van nie weet nie. Van wag op koue hospitaalstoeltjies met navy jurkies wat jou boude oop en bloot vir wereld wys. Van dokters wat stil-stil voel en vat, vrae vra en notas op geel bladsye maak. Van klein donker kamertjies waar die kanker en die dood soos demone skuil. Van siekbeddens met halfdooie menslyke wat heen en weer verby gestoot word,elke keer deur ‘n ander verpleegster, elke keer met ‘n nuwe vraag op die menslyk se gesig.
Jirre man, wil iemand nie maar net ‘n koppie tee of iets vir jou bring nie, nie so hard en kortaf met jou praat nie, die ou tydksrifte vervang met boeke van hoop en asseblief nie weer die hoogtepunte van die krieket op die TV wys nie.
Ek dink die tannies by die toonbanke, die susters met die crocs en kouse en die dokters met hul chinos broeke en stetoskope het almal vergeet hoe dit voel om aan die ander kant van die toonbank te staan, aan die verkeerde kan van skandering te wees. Hulle weet nie meer hoe dit voel om nie te weet by watter gang om af te stap nie, hulle dra nooit daardie jurkies nie, dis nie hulle klere wat pateties opgebolling op jou skoot le nie, dis nie hulle wat familie en vriende sms vir woorde van hoop en ondersteuning nie.
Hulle doen maar net hulle werk, so goed soos hulle kan, salig onbewus van die mag wat in hul gesigsuitrdukkings, hul hande, hul woorde, hul stiltes en ook in hul vrae is. Hulle hou, wetend of onbewus, jou ontmoeting met die dood in hulle alledaagsheid vas.
(“forever young...may you stay forever young”, dis nou net ek en Bob en die nasmaak van simptone sonder ‘n diagnose”)
Dit laat my nou aan iets anders dink. Simptome sonder ‘n diagnose, klink bekend? Is dit nie hoe die lewe soms werk nie? Ons sien die crime, die poverty, die rassisme en die moerse hoe elektriese heinings rondom golfbane, skole en wit woonbuurte. Ons sien tieners met broeke op hul gatte, loop rond in malls soos ipods sonder siele. Ons sien olie uitspoel op strande, visse en voëls vlug en vrek. Ons sien swart en wit fotos van seer en pyn op ander kontinente. En ons wonder. Ons gooi klippe in die bos. Ons steek ‘n vuur op, braai ‘n vleisie en praat lang en ou stories, ons probeer die simptome lees, maar ons tas rond in die donker wanneer die diagnose gemaak moet word.
Min wetend, salig onbewus van die mag wat in ons eie alledaagsheid skuil.
(“there must be some way out of here, says the joker to the thief...”)

Comments