Skip to main content

Maak vir Sepp die Prez...

Ek voel vandag skoon depres. Dis nie meer hier nie. Dis verby. Daar is niks meer oor om te voel nie. Spanje kraai koning, die res van die wereld het reeds aanbeweeg en duisende Suid-Afrikaners wonder wat om met al die goedkoop, papierdun vlae te maak. Maar ai dit was lekker. 6 weke van goeie sokker, boonop nog op SABC ook. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek nie myself verwyt vir die gebrek aan ‘n dekodeerder en ‘n skottel nie.

Nog ‘n kerel wat waarskynlik vandag bietjie depres voel is ons eie Prez, Jacob Zuma. Want sien die afgelope tyd moes hy tweede kitaar speel terwyl Sepp Blatter beheer geneem het oor die Republiek. En het hy nie ‘n goeie job gedoen nie. Die polisie was gewapen en paraad, die paaie was blink en skoon, die rye was lank maar vinnig en die vibe, ag die vibe was fantasties. Vir ‘n beter intree prez kon ons nie gevra het nie. Draai natuurlik ‘n blinde oog vir Sepp en vriende se een groot agenda met FIFA sokker en hul gasheerlande: WINS, moerse baie wins.

Terug na ons eie prez. Ek het hom gisteraand ‘n bietjie jammer gekry. Hy moes die afgelope maand by elke groot wedstryd wees, saam met Sepp op die veld verskyn, saam met Sepp die spelers groet, saam met Sepp en die adelikes in losies uithang, en saam met Sepp sy serpie dra en kyk hoe dat Sepp en Fifa vir hom wys hoe ‘n land eintlik “gerun” moet word. As ek die prez was sou dit my later begin pla het.

En toe word die beker oorhandig en Sepp en Zuma probeer saam-saam die beker aangee, die kaptein lig dit omhoog, die vuurwerke gaan af, R Kelly sing van oorwinnings, Shakira waka-waka, die spelers dans...bo-op Zuma! Was dit net ek wat dit gesien het? Die Spanjaarde, die ou kolonialiste het bo-op Zuma gedans, soveel so dat hy koes-koes van die toneel moes verdwyn. Sy statigheid was amper moertoe getrap.

Ek vermoed ons prez voel vandag ‘n bietjie deprez...

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addict...

Uit met die oudedoos...

Ek het sopas van ‘n doos vol boeke ontslae geraak. Lanklaas het ek so verlig en bevry gevoel soos nou. Hierdie boeke het ek sedert my studies by die kweekskool op Stellenbosch bymekaar geskraap en met my saam gedra met die hoop om iewers agter ‘n kansel een van hulle aan te haal. “Hoe anders gaan die kerkraad weet ek is my sous as prediker werd?” het ek naiwelik in daardie dae gedink toe ek keer op keer met nog ‘n teologiese treffer onder my arm by die plaaslike boekwinkel uitgestap het. Maar soos die nadraai van kweekskool aangebreek het en die krake in my godsdienstige viniel begin wys het, het ek tot bevrydende slotsom gekom dat ek nog nie een van hierdie boeke gelees het nie. ‘n Paar het al sover gekom om my aandag tot duskant die inhoudsopgawe te kry, maar dan sou die Huisgenoot in die toilet my aandag trek en Calvyn, Jonker, Durand en Barth sou dan weereens moes wag vir ‘n nuwe roering van die akademiese gees in my. 6 jaar se studies en ek weet nog steeds nie wat beteken “plaatsb...