Skip to main content

'n Boom vir Oom Danie Schreuder

Ek plant vandag ‘n boom vir die oom wat my van God geleer het. Hy weet dit nie. Hy is dood. Jare laas het ons kontak gehad. Ek wou nog bel, skryf, gaan kuier... hy weet nie dat hy my van God geleer het nie. Self was hy nie ‘n “godsman” nie, aldus nie as dit van die kerk afhang nie. Wat was hy? Wie was hy? Dalk agnostikus, dalk aties, dalk humanis, dalk net doodgewoon bleddie goeie mens. Dalk daardie soort mens wat met 'n vergrootglas na die lewe kyk. ‘n Storieverteller van formaat. ‘n Skrywer, digter, ywerige ondersoeker van alles wat goed en mooi is. ‘n Backyard motorbike mechanic. ‘n Rugby supporter, altyd langs die veld as Simonsberg op ‘n Vrydag speel. Iemand wat ook soos ek nie ‘n R kan se nie. (Of dalk eerder soos ‘n ek ‘n R kan se.) ‘n Anderse Afrikaner. ‘n Prof. ‘n Natuurliefhebber. ‘n Wetenskaplike. ‘n Romatikus. 'n Realis. 'n Vader. 'n Oupa. ‘n Mentor. ‘n Veldrifmens. ‘n Doodgewone sterfling. Tans woonagtig in ‘n Beter Hemel...   

Kliek hier om een van my eerste skryfstukke vir die By te lees, dit vertel van Oom Danie en een van my vele bekerings

Oom Danie het laasjaar 'n boek uitgebring, getiteld 'n Beter Hemel

http://velddrifnews.blogspot.com/2011/03/velddrif-verloor-geliefde-inwoner.html

Comments

Tom Smith said…
Hierdie is 'n goeie manier om jou vas te breek ... Oom Danie sou trots gewees het ;) Dink aan jou.
Unknown said…
Dankie tog vir sulke mense in ons wêreld. Sonder hulle sou die wêreld darem in vroomheid versuip het!
Anonymous said…
Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.
Unknown said…
Patmos Pete, wonder wat jou weergawe van die konikryk die hemele is. jou opmerking oordat ek my Bybel moet lees is nogals tipies van die arrogansie van Christene wat so baie mense seermaak. dit is gelaai met aannames oor my en my reis saam met God. ek sien jy belas jou met die groot taak om valse Christene in die kerk te ontmasker. sterkte daarmee, gewoonlik met sulke doelwitte begin 'n mens eers by jouself. iets te doen met splinters en balke. sterkte daarmee. Oom Danie se nalatenskap in my lewe is dat ek met die saagmeule in my gekonfronteer is, maar anders as jy, het hy deernis aan my uitgedeel en my help om verby my eie gebreke te begin leef.

Popular posts from this blog

Die Pretzel

Ek het hierdie storie die eerste keer gehoor uit die mond van die bekende storieverteller Nico Nel. My weergawe klink so: In die hoogbloei jare van stoei (daai tyd was daar baie bloed betrokke), was Jan van Pretoria die land se nommer een stoeier. En met stoei bedoel ek nie die rofstoei soort wat ‘n mens op e-tv sien nie, nee ek bedoel amateurstoei. Daardie soort waar jy met ‘n rooi of ‘n blou broekie stoei. Ek was self ‘n kranige klein stoeiertjie, maar dit was lank nadat hierdie voorval plaasgevind. Jan het van Lichtenburg se wereld afgekom, sy van was Van Pretoria. Hulle het hom die posterboy van stoei genoem, aangesien al wat ‘n stasiedorp nooientjie ‘n Huisgenootmiddelblad plakaat van Jan van Pretoria van Lichtenburg teen hulle kamerdeure gehad het. Daardie nooientjies behoort nou almal mooi vroue van diep in hulle 80’s te wees en al lewe Jan lankal nie meer nie, stoei hy nog snags in die slaapkamers van menigte ouetehuise. Jan van Pretoria van Lichtenburg in aksie ...

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

Skurwejantjie en die pitsweer

“Die hele straat is vrot van die pitswere” kla Tannie Gladdis by Oom Skurwes. “Vandat die Vuil Frikke in die woonstel onder die straat ingetrek het, is al wat ’n kind oortrek met pitswere en omlope.”   “O” mompel Oom Skurwes terwyl hy oor die koerant loer. Sy koffie staan al ’n uur lank langs hom. Hy het nog nie ’n sluk daarvan gevat nie. “Gaan jy nie jou koffie drink nie?” blaf sy vrou.  “Wat meen jy nou?” vra die oom. “Ek drink dit mos”. “Mos? Weet jy wat is mos? Dit groei aan die donkerkante van ou bome en klippe. Jou koffie staan al ’n uur lank daar en koud word. Waar was ek nou weer? O ja, omlope en pitswere.” Skurwejantjie weet al lankal dat hy hom nie eintlik hoef te steur aan sy ma en pa se oor en weer bakleiery nie. Sy maats dink altyd dat sy ouers vreeslik kwaai is, maar hy weet dat dit maar net hulle manier is van praat met mekaar. Die dag as sy ma of  sy pa regtig kwaad is, dan is selfs die duiwels en die booswigte bang om uit hul gate en grot...