Skip to main content

'n Boom vir Oom Danie Schreuder

Ek plant vandag ‘n boom vir die oom wat my van God geleer het. Hy weet dit nie. Hy is dood. Jare laas het ons kontak gehad. Ek wou nog bel, skryf, gaan kuier... hy weet nie dat hy my van God geleer het nie. Self was hy nie ‘n “godsman” nie, aldus nie as dit van die kerk afhang nie. Wat was hy? Wie was hy? Dalk agnostikus, dalk aties, dalk humanis, dalk net doodgewoon bleddie goeie mens. Dalk daardie soort mens wat met 'n vergrootglas na die lewe kyk. ‘n Storieverteller van formaat. ‘n Skrywer, digter, ywerige ondersoeker van alles wat goed en mooi is. ‘n Backyard motorbike mechanic. ‘n Rugby supporter, altyd langs die veld as Simonsberg op ‘n Vrydag speel. Iemand wat ook soos ek nie ‘n R kan se nie. (Of dalk eerder soos ‘n ek ‘n R kan se.) ‘n Anderse Afrikaner. ‘n Prof. ‘n Natuurliefhebber. ‘n Wetenskaplike. ‘n Romatikus. 'n Realis. 'n Vader. 'n Oupa. ‘n Mentor. ‘n Veldrifmens. ‘n Doodgewone sterfling. Tans woonagtig in ‘n Beter Hemel...   

Kliek hier om een van my eerste skryfstukke vir die By te lees, dit vertel van Oom Danie en een van my vele bekerings

Oom Danie het laasjaar 'n boek uitgebring, getiteld 'n Beter Hemel

http://velddrifnews.blogspot.com/2011/03/velddrif-verloor-geliefde-inwoner.html

Comments

Tom Smith said…
Hierdie is 'n goeie manier om jou vas te breek ... Oom Danie sou trots gewees het ;) Dink aan jou.
Unknown said…
Dankie tog vir sulke mense in ons wêreld. Sonder hulle sou die wêreld darem in vroomheid versuip het!
Anonymous said…
Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.
Unknown said…
Patmos Pete, wonder wat jou weergawe van die konikryk die hemele is. jou opmerking oordat ek my Bybel moet lees is nogals tipies van die arrogansie van Christene wat so baie mense seermaak. dit is gelaai met aannames oor my en my reis saam met God. ek sien jy belas jou met die groot taak om valse Christene in die kerk te ontmasker. sterkte daarmee, gewoonlik met sulke doelwitte begin 'n mens eers by jouself. iets te doen met splinters en balke. sterkte daarmee. Oom Danie se nalatenskap in my lewe is dat ek met die saagmeule in my gekonfronteer is, maar anders as jy, het hy deernis aan my uitgedeel en my help om verby my eie gebreke te begin leef.

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addict...

Uit met die oudedoos...

Ek het sopas van ‘n doos vol boeke ontslae geraak. Lanklaas het ek so verlig en bevry gevoel soos nou. Hierdie boeke het ek sedert my studies by die kweekskool op Stellenbosch bymekaar geskraap en met my saam gedra met die hoop om iewers agter ‘n kansel een van hulle aan te haal. “Hoe anders gaan die kerkraad weet ek is my sous as prediker werd?” het ek naiwelik in daardie dae gedink toe ek keer op keer met nog ‘n teologiese treffer onder my arm by die plaaslike boekwinkel uitgestap het. Maar soos die nadraai van kweekskool aangebreek het en die krake in my godsdienstige viniel begin wys het, het ek tot bevrydende slotsom gekom dat ek nog nie een van hierdie boeke gelees het nie. ‘n Paar het al sover gekom om my aandag tot duskant die inhoudsopgawe te kry, maar dan sou die Huisgenoot in die toilet my aandag trek en Calvyn, Jonker, Durand en Barth sou dan weereens moes wag vir ‘n nuwe roering van die akademiese gees in my. 6 jaar se studies en ek weet nog steeds nie wat beteken “plaatsb...