Jy moet regtig
lief he.
Delete jou
junkmail folder gereeld.
Opgradeer jou
anit-virus program.
Hou jou besig met
goeie goed.
Nooi jou buurman
oor vir ‘n braai.
As jy die
sypaadjie voor jou huis se gras sny, sny jou buurvrou s’n ook.
Moenie opgee nie.
Byt vas. Doen wat God van jou vra.
Wees opgewonde
oor al die nuwe moontlikhede.
As dinge rof
gaan, staan sterk.
Praat gereeld met
God.
Help waar jy kan.
Deel uit wat jy
het.
As iemand iets
lelik aan jou doen, moet dan nie dink jy het ‘n rede om te skinder te nie.
Sommige mense is
hartseer, ander is gelukkig. Leef altyd met deernis en empatie.
Moenie so windgat
wees nie.
Luister vir ‘n
slag.
Moenie jou
swembadwater in jou buurman se groente tuin laat afloop nie.
As jou buurman ‘n
poepol is, moenie jy dan ook een wees nie.
As dit vir jou
moontlik is, probeer om van almal te hou.
Laat God worry
oor hulle wat jou te na kom. Laat jou woede staan.
Maak vrede. Vergewe.
Wees ‘n geniunely
nice teenoor hulle wat nie van jou hou nie. Niks is meer irriterend as dit nie!
Moenie dat die
donker jou baas word nie.
Wees die donker
se baas deur in die lig te lewe.
Comments