Skip to main content

Luister na jou hart van hout

Ek het onlangs op 'n musiekgroep afgekom met die naam Listener. Hulle styl is nie almal se koppie tee nie, maar as hulle lirieke jou nie baie diep raak nie het jy 'n hart van hout. Hulle lirieke worstel met die weerloosheid van mense. In Wooden Heart se/sing ons almal stoei met duiwels en spoke, sommer helder oordag. Die kerk bestaan uit skeepswrakke en uitgespoeldes. Ons almal het genade nodig wat ons self nog nooit aan ander bewys het nie.
Wooden Heart
We're all born to broken people on their most honest day of living
and since that first breath... We'll need grace that we've never given
I've been haunted by standard red devils and white ghosts
and it's not only when these eyes are closed
these lies are ropes that I tie down in my stomach,
but they hold this ship together tossed like leaves in this weathered my dreams are sails that I point towards my true north, stretched thin over my rib bones, and pray that it gets better but it won't won't, at least I don't believe it will... so I've built a wooden heart inside this iron ship, to sail these blood red seas and find your coasts.
don't let these waves wash away your hopes
this war-ship is sinking, and I still believe in anchors
pulling fist fulls of rotten wood from my heart, I still believe in saviors
but I know that we are all made out of shipwrecks, every single board
washed and bound like crooked teeth on these rocky shores
so come on and let's wash each other with tears of joy and tears of grief
and fold our lives like crashing waves and run up on this beach
come on and sew us together, tattered rags stained forever
we only have what we remember






Kliek hier om hul webblad te besoek

Comments

Popular posts from this blog

Die Pretzel

Ek het hierdie storie die eerste keer gehoor uit die mond van die bekende storieverteller Nico Nel. My weergawe klink so: In die hoogbloei jare van stoei (daai tyd was daar baie bloed betrokke), was Jan van Pretoria die land se nommer een stoeier. En met stoei bedoel ek nie die rofstoei soort wat ‘n mens op e-tv sien nie, nee ek bedoel amateurstoei. Daardie soort waar jy met ‘n rooi of ‘n blou broekie stoei. Ek was self ‘n kranige klein stoeiertjie, maar dit was lank nadat hierdie voorval plaasgevind. Jan het van Lichtenburg se wereld afgekom, sy van was Van Pretoria. Hulle het hom die posterboy van stoei genoem, aangesien al wat ‘n stasiedorp nooientjie ‘n Huisgenootmiddelblad plakaat van Jan van Pretoria van Lichtenburg teen hulle kamerdeure gehad het. Daardie nooientjies behoort nou almal mooi vroue van diep in hulle 80’s te wees en al lewe Jan lankal nie meer nie, stoei hy nog snags in die slaapkamers van menigte ouetehuise. Jan van Pretoria van Lichtenburg in aksie ...

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

Skurwejantjie en die pitsweer

“Die hele straat is vrot van die pitswere” kla Tannie Gladdis by Oom Skurwes. “Vandat die Vuil Frikke in die woonstel onder die straat ingetrek het, is al wat ’n kind oortrek met pitswere en omlope.”   “O” mompel Oom Skurwes terwyl hy oor die koerant loer. Sy koffie staan al ’n uur lank langs hom. Hy het nog nie ’n sluk daarvan gevat nie. “Gaan jy nie jou koffie drink nie?” blaf sy vrou.  “Wat meen jy nou?” vra die oom. “Ek drink dit mos”. “Mos? Weet jy wat is mos? Dit groei aan die donkerkante van ou bome en klippe. Jou koffie staan al ’n uur lank daar en koud word. Waar was ek nou weer? O ja, omlope en pitswere.” Skurwejantjie weet al lankal dat hy hom nie eintlik hoef te steur aan sy ma en pa se oor en weer bakleiery nie. Sy maats dink altyd dat sy ouers vreeslik kwaai is, maar hy weet dat dit maar net hulle manier is van praat met mekaar. Die dag as sy ma of  sy pa regtig kwaad is, dan is selfs die duiwels en die booswigte bang om uit hul gate en grot...