Vanaand vier Christene die Laaste Avondmaal. Ons dink na oor die gebeure van daardie nag, meer as 2000 jaar gelede. Ons bevind onsself rondom die tafel toe voete gewas is, brood gebreek is, vriende op mekaar gedraai het en hul Messias uitgelewer het aan 'n wrede genadelose sisteem. Toe ek 'n klein seuntjie was het hierdie verhaal my diep geraak. Ek was vas oortuig dat as ek daardie nag deel van Jesus se vriendekring was, sou dinge anders gewees het. Jare later sou mense oor my heldedade van daardie nag geskryf het. My storie sou die antitese van Judas gewees het. Vandag, as volwassene is ek egter diep bewus van die Judasbok binne my. Lydenstyd is immers 'n uitnodiging om kennis te maak met die verraaier wat skuil in elke hart. Hierdie tyd waarsku ons om nie te gou na die lee graf te hardloop nie, nie voordat jy eers die haan hoor kraai het nie. Om by Sondag uit te kom, moet jy eers by Vrydag stil staan. Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus brood gebreek, dit in sous ...
stories is 'n heilige affêre...