Skip to main content

Ek sou ook vir Jesus verraai het...

Vanaand vier Christene die Laaste Avondmaal. Ons dink na oor die gebeure van daardie nag, meer as 2000 jaar gelede. Ons bevind onsself rondom die tafel toe voete gewas is, brood gebreek is, vriende op mekaar gedraai het en hul Messias uitgelewer het aan 'n wrede genadelose sisteem. 

Toe ek 'n klein seuntjie was het hierdie verhaal my diep geraak. Ek was vas oortuig dat as ek daardie nag deel van Jesus se vriendekring was, sou dinge anders gewees het. Jare later sou mense oor my heldedade van daardie nag geskryf het. My storie sou die antitese van Judas gewees het. Vandag, as volwassene is ek egter diep bewus van die Judasbok binne my. Lydenstyd is immers 'n uitnodiging om kennis te maak met die verraaier wat skuil in elke hart. Hierdie tyd waarsku ons om nie te gou na die lee graf te hardloop nie, nie voordat jy eers die haan hoor kraai het nie. Om by Sondag uit te kom, moet jy eers by Vrydag stil staan. 

Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus brood gebreek, dit in sous gedruk en dit toe aan Judas gegee. Hierdie simboliese handeling doen Christene sedertdien liturgies, maar waarskynlik onbewus van die diep simboliek. Elke keer wanneer ons nagmaal saam gebruik, is daar iets van hierdie gebeure wat opgeroep word: Die ongemaklike wete dat ek uitgewys word as die een Hom gaan verraai. Natuurlik moedig ek selde mense aan om in skuld en die skaamte te delf en te dobber, daarvoor het godsdienst genoeg skade aangerig. Tog is dit belangrik om vanaand, ter wille van die komende opstandingsdag, kennis te maak die Judas wat so klewend aan my klou.

Die volgende lys van vrae wys iets van Judas se gedagtegang wat hom oortuig het om Jesus uit te lewer   


Kan jy vrede maak met ‘n Messias:


  • wat nie ryk is nie
  • wat nie eens middelklas is nie?
  • sonder enige noemenswaardige besittings?
  • wie se naaste vriende prostitute en uitlanders is?
  • wat nooit die tipiese patriargale praatjies duld nie?
  • wat blykbaar nie jou beste belange op die hart dra nie?
  • wat van jou verwag om baie belangrike dinge prys te gee?
  • wie homself van sy naby familie vervreem het?
  • van wie jou helde nie hou nie?
  • afkomstig is van ‘n area sonder enige aansien?
  • wat sy lewe keer op keer roekeloos op die spel plaas?
  • wat jou eie lewe in gevaar stel?
  • wat alliansies met jou vyande vorm?
  • wat van jou verwag om hulle wat jou onderdruk, besteel en belieg lief te he?
  • wat jou tradisies nie ernstig genoeg opneem nie?
  • wat selde indien ooit die gedragskodes handhaaf? 
  • wie daagliks in groter moeilikheid by die owerhede beland?
  • vir wie wen nie belangrik is nie?
  • wie se aksies en woorde tot jou eie ondergang kan lei?
  • wie populariteit slegs by die ongeletterde armes vind?
  • wat homself met swakkelinge omring?
  • wat homself en die mense naby aan hom nie beskerm nie?
  • wat dikwels sy vriende na die gevaarlikste plekke van die stad toe neem?
  • wat gereeld kinderlik in die publiek optree?
  • wat hom laat nooi deur mense met agterdogtige reputasies?
  • wat in die openbaar aangekondig het dat hy dit waarop jy die trotste is sal afbreek en al hoe wel dit ‘n paar leeftye geneem het om tot stand te bring, sommer in drie dae weer sal opbou?


As die gerespekteerde leiers van jou tyd jou dan nader om hulle te help om hierdie roekelose sogenaamde Messias tot sy sinne te bring, wat sal jy doen?




Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke