Skip to main content

Hemelvaart


Coenie Burger skryf oor die hemelvaart as die afgeskeepte Christenfees. Vir moderne mense is die gedagte van Jesus wat op die wolke boontoe is, natuurlik ‘n vreemde konsep. Vandag weet ons dat die wereld rond is en dat daar nie noodwendig ‘n bo of ‘n onder is nie. 

Vir die eerste Christene was dit egter nie ‘n wetenskaplike vraag nie, maar eerder ‘n godsdienstige gebeurtenis wat hulle hele lewe in ‘n heel nuwe rigting gestuur het. Daar is besonders baie simboliek in die manier hoe die skrywers van die Nuwe Testament oor Jesus se hemelvaart skryf. Veral Lukas het moeite gedoen om sy hoorders en lesers tot by daardie besonderse dag te bring en hulle, of eerder ons, te help om die dieper betekenis daarvan te sien. 

En al hoe wel ons vandag in ‘n heel ander leefwereld leef, kan die hemelvaart ons nog baie help om God se teenwoordigheid in hierdie lewe raak te sien en te verstaan.

Ek onthou die pentjie in die kinderbybel van Jesus se hemelvaart baie goed. My eerste gedagte was altyd waarom kon Jesus nie maar by ons gebly het nie. Die prentjie het gewys hoe die dissipels in die hemel bly staar lank nadat Jesus weg is. 

Hierdie beeld is natuurlik sterk beinvloed deur Lukas se vertelling van daardie gebeure.  Vir hom was dit so belangrik, dat hy dit twee keer vertel. Dit veral interessant dat daar merkbare verskille tussen die twee vertellings is. 
(Lukas 24 en Handeling 1)


In die eerste skrywe wat hy rig aan Teofilus vertel hy dat die dissipels dadelik in vreugde weggegaan het en toe die res van die tyd in lofprysing by die tempel spandeer het.

Wanneer hy dan heelwat later vir Teofilus dit die tweede keer in sy boek Handelinge vertel, klink dit anders. Hierdie vertelling se emosie is meer somber en verslae.

Ek kan dink dat dit vir die vriende van Jesus moeilik moes wees om te besef dat hy hulle gaan agterlaat. Die laaste paar weke saam met Hom sedert die opstanding moes iets baie besonders gewees het. Volgens Paulus het meer as 400 mense hom in lewende lywe na die kruisdood gesien. Vir die dissipels was dit ‘n tyd van heling en herstel, ‘n kans om Jesus in ‘n heel nuwe lig te sien. sou ‘n mens kon se. As ek daar was, sou my wens wees dat die tyd nooit verby moes gaan nie. 

Maar God is glibberig, jy kan God nie soos 'n voeltjie in ‘n hok aanhou nie.
In die baie bekende kinderreeks Narnia, geskryf deur CS Lewis, is daar ‘n baie treffende toneel teen die einde van die boek Die Leeu, die Heks en die Klerekas. Terwyl al die mense vreugde vier oor die groot oorwinning wat behaal is, sluip die Leeu Aslan (wat in die verhaal met Jesus vergelyk word) stilletjies weg. Die kinders sien hom net betyds voordat hy verdwyn. Mnr. Bewer sien hulle teleurstelling raak en maak dan ‘n baie belangrike gevolgtrekking:

“He’’ll be coming and going. One day you will see him and the next day you wont. He doesn't like to be tied down...He is wild you know. Not like a tamed Lion.”

Ons bure het onlangs ‘n klein Jack Russel hondjie gekry. Vir die eerste paar weke het ek selde gesien dat die hondjie self rond loop. Almal wat met haar te doen kry, tel haar op en dra haar rond. Baba diertjies doen mos iets aan ‘n mens. Dit is veral dan moeilik om die klein bondeltjie neer te sit of vir iemand anders te gee. 

Ek vermoed dat die vriende van Jesus dieselfde goedvoel ervaring oor Hom gehad het tot voor die hemelvaart. Die euforie van die opstanding en die voorreg om deel van die uitgesoekte groepie mense te wees wat Jesus van aangesig tot aangesig sien en beleef moes baie spesiaal gewees het. Tog selfs vir hulle was die dag van geloof nie ver nie. Nadat Jesus hulle verlaat het, sou hulle, net soos ons, moes leer wat dit beteken om in Jesus te glo, al sien ons hom nie en wat die beteken om agter Jesus aan te loop, ons weet ons nie in watter rigting hy weg is nie.

Die versoeking vir godsdienstige mense is om God vir ons self te hou. Dit is asof godsdiens keer op keer terugkeer na ‘n vaste punt vir God. Ons sien dit in die argitektuur van ons geboue, ons sing dit in ons kerkliedere, ons verklap dit die woorde wat ons gebruik om oor geloof te praat. Onlangs help my vriend Tom Smith, my reg nadat ek vir hom gese het dat ek sopas van die kerk afgekom het. “Jy bedoel seker die kerk se gebou vra hy?” Sy vraag ontbloot die teologie in my wat se dat die kerk ‘n plek is, daar waar God op ‘n spesiale manier woon”. Die hemelvaart help ons, net soos my vriend se vraag, om God vry te maak ons vele vaste punte.

Hy is immers wild, glad nie mak soos ‘n baba hondjie nie. 

Lukas vertel ook dat hulle stip na die hemel bly staar het. Dalk in stilte, dalk verslae. 

Jesus is weg. 

Hierdie emosie is natuurlik iets wat baie mense ken. Die gevoel van alleen wees. Om agtergelaat te word.  Om iemand te groet, veral toe die verhouding op ‘n baie spesiale plek was, is regtig baie moeilik. Jesus het hierdie emosies in sy vriende aangevoel. In die Johannes evangelie het Jesus voor die kruisdood ‘n hartroerende gebed vir sy vriende gebid. In al die evangelies word hulle bemoedig deur die belofte van ‘n gawe, ‘n nuwe teenwoordigheid, ‘n groter krag. God se eie Gees wat na Jesus se hemelvaart tot hulle beskikking sal wees. 

Die uitdaging is om in die hierdie spanning te leef. Terwyl ons self die alleenheid goed aan ons lywe ken, leef ons ook met die troos en die nabyheid van hierdie besonderse geskenk wat God deur Jesus vir ons agtergelaat het. Die teks nooi ons ook uit om die “onbekende mans” raak te sien, hulle wat namens God ons help om weer met ons lewens aan te gaan. Hulle wat ons uit ons verslaendheid kom wakker maak en ons aanmoedig om  weer met dankbaarheid te begin leef. 

Meer nog, Lukas se tweede vertelling help ons om met meer deernis te leef teenoor hulle wat God as afwesig ervaar.

Daar was egter ook iets meer indrukwekkend aan die kinderbybel prentjie wat my vandag steeds by bly. Jesus het met hande oop op die wolke gestaan terwyl hy in die hemel op is.

Aan sy hande en sy voete was egter steeds die merke van sy lyding en sy dood.

Jesus is hemel toe, met wonde en al.

Die griekse wereldbeeld van perfeksie het ons verbeelding oor God, heiligheid en veral die hemel baie sterk beinvloed. God en die hemel is alles behalwe dit wat so kenmerkend mens is. God is sterk, mens is swak. Hemel is goed, aarde is sleg. Dit is die prentjie wat baie Christene tot vandag toe nog huldig.

Hemelvaart kan ons egter hiermee help. Een van die manier hoe Jesus sy vriende gehelp om die opstanding te verstaan was om vir hulle sy wonde te wys. Hierdie wonde het hy saam met hom na God geneem.

Die bekende teoloog Jurgen Moltman skryf oor hieroor as die Gekruisigde God. Henry Nouwen verwys op ‘n keer na Jesus as die gewonde geneesheer.  



In die boek Life of Pi, is dit een van die dinge van die Christen godsdiens wat vir die hoofkarakter Pi Patel so treffend is. Aan die begin het die gedagte van ‘n God wat vermoor word hom gewalg. Hy vergelyk Jesus met die gode waaraan hy van kinds af gewoond was, hulle sou nooit verloor nie, nooit ly nie, nooit sterf nie. Hierdie gedagte bly hom egter pla, hy le in die nag wakker, hy kan dit nie uitlos nie. En dan besef hy, die gawe wat Jesus aan God bring. Jesus is hemel toe met die geskenk van menswees. Die seun in die verhaal maak dan die opmerking dat “die hemel besmet is met die reuk van menswees”.

In die hemel is daar letsels. Deur Jesus het God het merke. 

Hierdie gedagte kan baie bevrydend wees, want mense het merke. 

Ons land het merke.

Twee jaar gelede was ‘n dogter vermoor toe jong mans petrol op haar en haar vriendin uitgegooi het en hulle aan die brand gesteek het. Die verhoor was die laaste weke op die voorblaaie van die koerante. Die oorlewende, ‘n pragtige jong meisie het haar letsels en merke vir die wereld gewys. My hart gaan na haar uit. Sy sal ‘n lang pad moet stap om vrede met haar nuwe lyf te maak, ‘n lyf wat haar vir altyd gaan herinner aan daardie verskriklike nag. Christene wat in die hemelvaart van Jesus glo sal haar kan troos met woorde dat God soortgelyke merke aan sy lyf het. 

In ‘n wereld waar ons maklik mekaar verwond en met erge letsels agterlaat, het ons meer as ooit nodig om te hoor dat God die letsels van liefde aan sy eie lyf dra.

Ek het onlangs by ‘n skool met ‘n klomp tieners gepraat. Ek het vir hulle gese om rondom hulle te kyk of hulle ‘n voorblad gesig onder mekaar kan sien. Skaam-skaam het almal rond gekyk. Puisies, bakore, groot neuse en droe lippe was aan die orde van die dag. Selfs die mooiste onder die lot het ook maar een of ander skewe trek wat sy of hy met moeite probeer toe verf of plat kam. Ek herinner hulle toe aan die prentjies van die media oor skoonheid, dat die meeste van daardie prentjies deur ‘n baie tegniese proses gaan om die model perfek volgens daardie produk of tydskrif se standaarde te maak. Die afwesigheid van vlekke en merke, selfs in moderne Christen tydskrifte en kerk advertensie borde laat ons dikwels negatief kyk na eie weerlose stories.

Daar is tans ‘n besonderse video wat op die internet die rondtes doen, getiteld Dove Real Beauty Sketches . As deel van ‘n bemarkingsveldtog het die skoonheidsmaatskappy Dove ‘n forensie sketskunstenaar gekry om vrouens te teken soos hulle hulself van agter ‘n gordyn aan hom beskryf. Hy sou eenvoudige vrae aan hulle gevra het: Vertel my van jou ken. Hoe lyk jou hare. Beskryf vir my jou neus. Dieselfde vroue sou dan later deur ‘n vreemdeling wat hulle vroeer die dag ontmoet het, beskryf word. Die verskil tussen twee sketse is besonders. Waar die vroue hulself beskryf het, is die sketse lelik, glad nie soos wat hulle regtig lyk nie. Die vreemdeling kon egter die mooi in hulle raakgesien nie. Ek vermoed dat hierdie waarheid minder te doen het met die feit dat ons oorbewus is van ons foute en swakhede, maar eerder obsessief is met ‘n verwronge prentjie van wat veronderstel is om mooi te wees. Ons kyk dan net vas in die sogenaamde lelik dat ons nie dit kan regkry om ons skewe neuse en effe groot ore as mooi en goed te beskou nie.

In ‘n wereld wat obsessief is oor perfekte velle, spier wit tande en gladde hare, het ons meer as ooit nodig om te hoor dat Jesus die letsels van lewe aan sy eie lyf dra en dat dit vir God goed is.

Kerke wat die hemelvaart van Jesus ernstig opneem sal oor mekaar se weerloosheid minder ernstig wees. Die hemel is immers vol gebroke mens wat die genade van Jesus ontvang het. Jesus nooi ons om ons hande in mekaar se wonde te sit, naby te kom aan die weerloosheid van menswees, dit te omhels en te sien hoe jou wonde jou bediening word. Dit is mos op vreemde manier die geval: Hulle wat pyn ken, leef met meer deernis teenoor hulle wat in pyn is.

Die hemelvaart laat ons egter nie uitgelewer wees aan ‘n lewe wat verder verwond nie. Inteendeel, dit stuur ons in die rigting van God se nuwe wereld, ‘n plek waar mense mekaar minder verwond en meer versorg.  Jesus se weggegaan na die hemel het die eerste Christene gehelp om ‘n baie groot kopskuif oor wereld te maak. 

In daardie tyd was die gedagte van ‘n belangrike heersers wat uit die dood opgestaan het en na die hemel toe opgevaar het, nie eie aan die Jesus-verhaal nie. Inteendeel, dit gaan sover terug soos die ou profete van die Joodse geloofstradisies. Maar veral ook die keisers van Jesus se tyd. 

Die vroee kerk se eerste belydenis oor Jesus wat soortgelyk soos die gemiddele Romein van hulle tyd. Elke Romeinse burger sou gereeld in sy of haar lewe verklaar het dat “Die Keiser regeer”. Hy is die Kuriois, die Here. 

Na die Hemelvaart het Christene verstaan dat Jesus nou die Here is. Hy is baie groter as die Keiser. Hy is die koning van die konings. ‘n Nuwe wereld het aangebreek, die ou manier van die keisers is verby. ‘n Nuwe koning regeer.

Nog Augustus, nog Nero, Nog Konstantyn,

Nog Clinton, Nog Bush, Nog Obama

Nog Mugabe, Nog Zuma, Nog Zille

Nog Madonna, Nog Bieber, Nog Bono. 

Jesus regeer en hy doen dit met wonde en al. Hierdie gedagte moet ons vandag aanmoedig om anders te dink oor onsself as leiers en hulle na wie ons opkyk as ons helde. Christene verstaan dat leiding gebeur ook vanuit jou eerlike weerloosheid uit en nie net vanuit jou potensiaal en krag nie. Omdat ons Groot Leier gewond was en lyding goed ken, is ons harte en ons lywe ook by hulle wat vandag nog deur die wrede keisers van ons tyd verwond word.

Mag Jesus, die Gewonde Keiser ons eie wonde op ‘n besonderse manier kom aanraak.

Mag ons hoor dat ons nie alleen agtergelaat is nie.

Mag ons weet dat ons nie altyd so sterk en magtig hoef te wees nie.

Mag ons die verwondes rondom ons met deernis raaksien.

Mag ons minder verwond, en meer versorg.

Mag ons dapper wees deur vrede te maak met ons eie wonde.

En mag ons mank maar waagmoedig agter ons Here aanstap.

Comments

Tom Smith said…
Awesome - dankie vir hierdie great boodskap.

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter will

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addiction under

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die soeke