Skip to main content

Dans Dans Double Step

Toe ons jonk was het ons ‘n speletjie gespeel “Follow the leader”. Die punt was om die leier se bewegings te na-aap, hoe langer die spel aangehou het, hoe moeiliker het dit geword. Veral as die leier onverwags terug tree of stop. dan bots almal in mekaar vas.

Om ‘n Jesus te volg voel vir my dikwels so. Jesus stop, of beweeg met eens vinniger, of draai skielik na regs en voor ek my kan kry is ek uit ritme uit. 

Ritme is nie juis iets waarmee ek geseen is nie. Wanneer ek by mense gaan kuier verkies ek om die klokkie te lui, eerder as aan die deur te klop. 

Ek is dus goed bekend met daardie “uit ritme” gevoel. Wanneer dit met ‘n mens op die dansbaan gebeur, veral wanneer jy saam met iemand anders dans, dan het jy een van twee opsies. Jy kan of stop, ‘n oomblik wag tot jy weer die ritme gevang het of jy kan sommer so in die dans ‘n "double step" gee met die hoop om die ritme te vang. 

Hierdie “stop en wag”  of die “ekstra stappie” sien ek ook in my geloofsreis saam met God. Ek verloor dikwels die ritme van God. Ek raak uit voeling, uit pas, agter, weg.  

In die tyd van die Nuwe Testament was daar ‘n bekende gesegde: Mag die stof jou Rabbi orals op jou wees. Die rabbis was bekend om ver paai te stap, van dorp na dorp om soedoende mense te leer. Die rabbi se dissipels sou agter hom aanstap. Hoe nader jy aan die rabbi kon bly, hoe meer stof sou daar op jou wees. 


Soos die Rabbis van sy tyd was Jesus konstant op die pad. Later was daar na sy volgelinge verwys as mense van die “hodos”, die pad, die weg. Van my gunsteling stories oor Jesus is waar hy mense roep om saam met hom die pad aan te durf. Keer op keer sien ons dan hoe Jesus moeite moet maak om sy medereisigers weer die pad uit te wys. Elke nou en dan moet iemand ‘n “double step” gee om weer in pas met Jesus te kom. Gelukkig is Jesus ‘n geduldige stapper. Hy wag by die waterpunt. 

Op die dansbaan van die lewe is dit meer gereeld God wat daardie "double step" namens ons maak. 

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addict...

Die Pretzel

Ek het hierdie storie die eerste keer gehoor uit die mond van die bekende storieverteller Nico Nel. My weergawe klink so: In die hoogbloei jare van stoei (daai tyd was daar baie bloed betrokke), was Jan van Pretoria die land se nommer een stoeier. En met stoei bedoel ek nie die rofstoei soort wat ‘n mens op e-tv sien nie, nee ek bedoel amateurstoei. Daardie soort waar jy met ‘n rooi of ‘n blou broekie stoei. Ek was self ‘n kranige klein stoeiertjie, maar dit was lank nadat hierdie voorval plaasgevind. Jan het van Lichtenburg se wereld afgekom, sy van was Van Pretoria. Hulle het hom die posterboy van stoei genoem, aangesien al wat ‘n stasiedorp nooientjie ‘n Huisgenootmiddelblad plakaat van Jan van Pretoria van Lichtenburg teen hulle kamerdeure gehad het. Daardie nooientjies behoort nou almal mooi vroue van diep in hulle 80’s te wees en al lewe Jan lankal nie meer nie, stoei hy nog snags in die slaapkamers van menigte ouetehuise. Jan van Pretoria van Lichtenburg in aksie ...