Skip to main content

Die Kombuis maak 'n Comeback

Ek onthou ons gesin se eerste  televisie baie goed. So ‘n groot een, ‘n Sony. My pa het ‘n ou jonkmanskas verander sodat die televisie daarin kon pas. Vroegoggende voor skool het ons kinders met mieliepapmonde grootoog na strokiesprente soos Grootbek en Katvis gekyk. Vir die res van die week het hulle die kas toegemaak, sodat ons kinders nie in die middae voor die televisie kon le en vrot nie. Op Sondae was dit Zet, Niels Holgersonn, Dawie die Kabouter of Niklaas. 

Ons huis was nie juis ontwerp vir ‘n televisie nie. Ek onthou my pa-hulle het telke male die spreekwoordelike kassie geskuif opsoek na ‘n geskikte plek, maar elke keer het die huis gewen. Op ‘n keer het my ma vir pa gese: “Tokkelos, hierdie huis is nou maar net nie ‘n huis vir ‘n TV nie, kom ons sit eerder nog kaste in die kombuis.” Nou nog, is die kombuis in my ouers se huis die plek waar jy wil wees. 

Daar is vir my min dinge beter as om saam met familie en vriende in die kombuis te kuier nie. Sommer so staan-staan met ‘n sny vars brood en ‘n koppie troos, is genoeg om enige moedelose siel op te kikker. 

Saam eet is ‘n sentrale tema in die Bybel, maar veral in die Jesus-verhale. Dit is al om bekend dat die eerste gelowiges hulle wereld op sy kop gedraai deur die eetgwoontes van hulle tyd verander. Die eerste dissipels het die goeie nuus van Jesus rondom brood en wyn met die wereld gedeel. Vroeg in die vroeë kerk se verhaal moes Petrus ou eng tradisies afleer sodat hy met die vreemdeling kan een word rondom ‘n bord kos.

Die laaste paar jaar sien ons 'n besliste "comeback" van die kombuis. Daar is al hoe meer mense wat baie spesifieke keuses maak rakende tyd voor die TV teenoor tyd saam om ‘n tafel. Anders as die televisie raak die tafel nie juis slimmer nie. Dis nie in die tussentyd herontwerp nie. Jyt nie ‘n liksens vir hom nodig nie. Jy kan ook nie dit wat om die tafel gebeur PVR nie. As jy nie daar is nie, is al wat jy kry “leftovers” op ‘n koue bord. Jy kan, soos die mensdom nou al vir lank doen, slegs rondom hom sit. 

Daar by die tafel bekyk ons mekaar in die oë. Ons vertel stories. Ons hanteer konflik. Ons vat hande. Ons praat met God. Ons sê dankie. Ons breek brood. Ons gee die All Gold aan. Ons lek die borde met ons vingers uit. 


Mag die genade van God se gebreekte brood ons huise vul. Mag die heilige klanke in die kombuis die geraas van die TV uitdoof. Mag die kinders sonder dikbekke die skottelgoed was en mag Pa vir Ma laat tiekiedraai al om die stoof...

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addict...

Uit met die oudedoos...

Ek het sopas van ‘n doos vol boeke ontslae geraak. Lanklaas het ek so verlig en bevry gevoel soos nou. Hierdie boeke het ek sedert my studies by die kweekskool op Stellenbosch bymekaar geskraap en met my saam gedra met die hoop om iewers agter ‘n kansel een van hulle aan te haal. “Hoe anders gaan die kerkraad weet ek is my sous as prediker werd?” het ek naiwelik in daardie dae gedink toe ek keer op keer met nog ‘n teologiese treffer onder my arm by die plaaslike boekwinkel uitgestap het. Maar soos die nadraai van kweekskool aangebreek het en die krake in my godsdienstige viniel begin wys het, het ek tot bevrydende slotsom gekom dat ek nog nie een van hierdie boeke gelees het nie. ‘n Paar het al sover gekom om my aandag tot duskant die inhoudsopgawe te kry, maar dan sou die Huisgenoot in die toilet my aandag trek en Calvyn, Jonker, Durand en Barth sou dan weereens moes wag vir ‘n nuwe roering van die akademiese gees in my. 6 jaar se studies en ek weet nog steeds nie wat beteken “plaatsb...