Skip to main content

Stil, daar gaan ’n leeu verby.

Daar is ’n leeu weer los in die Karoo en vir ’n vlietende oomblik kan ons die aarde se hart voel klop. Die oomblik is voorwaar kortstondig en hoe tragies hartseer is hierdie wete nie. Die Karoo hunker al eeue dat die spore van ’n maanhaarleeu vrylik die veld versier. Ons almal smag na leeu se kind. Die luiperd, die rooikat en selfs die lam.
Die argetipe van ons eerste bestaan. Die beskermheer van ons moeder. Die koning van ons wildste drome brul oor die Hantam, die gedruis ruk die Tankwa. Die Namakwa is weer heel. Die Bo-karoo laat haar kinders dikmelk drink. Ons heelmaker loop tussen boegoe en vygies. Hy trap suutjies agter bobbejaan se spoor. Die koue winterswind vol stories van die eerste Matroosbergsneeu dans deur sy maanhare. Die sterrehemel staar.
Stil, daar gaan ’n leeu verby.
Hy sal nooit weer die kant langs loop nie. Teen skemeraand sal hy sneuwel in 'n ou rivierloop. Die laaste fossiel van ons verlange. Die knal van sy val sal eggo oor die oop ruimtes van ons enigste heiligdom.
Die gewydste stilte van die Karoo sal troos bring. Slegs tydelik. Want onder sy dooie lyf sluimer skaliegas. En jare later, sal die mensdom na die karkas van die Karoo staar en wonder hoe dit moontlik was dat ’n skaap eens op ’n tyd hier kon wy, nog te min dat ’n leeu vrylik hier kon loop.

Comments

Popular posts from this blog

So gebore en so gedoop (hersiene weergawe)

Ek is nie ‘n klein monstertjie nie. Dis mos wat Lady Gaga se aanhangers genoem word, want sy heet mos glo Mamma Monster. Ja, ek het al ‘n keer of wat op ‘n tafel gedans terwyl Poker Face oor die luidsprekers gons. Ek het egter nog nooit haar albums gekoop nie en was nie juis van plan om haar optrede te gaan kyk nie. Tot onlangs, toe vriende van my vir my allerhande emails en videos ( https://www.youtube.com/watch?v=iR7Fdxk49cc ) begin aanstuur het wat haar lirieke, musiek videos en uitrustings ontleed as tipies van iemand wat haar siel aan die duiwel verkoop het. Die titel antichris is mildelik aan haar toegeskryf, asook die bruid van Satan. Nodeloos om te noem het dit my nuuskurigheid oor haar aangewakker. Ek is immers ‘n teoloog en die geleentheid om die duiwel se vrou van naderby te bestudeer is ‘n kans wat nie elke student van die spirituele te beurt val nie.  Toe ek dus die uitnodiging kry om na haar optrede by Soweto se Soccer City te gaan kyk, het ek dit aangegryp, ter ...

I benefited from Apartheid

I am white. My friend @cobusvw was one of the first people to help me embrace being white with all the baggage that goes along with. I am also a racist. It is the bane of my life here in Africa. Growing up in the 80’s in South-Africa have shaped me in a certain way. My inherent racism is something I struggle with everyday. Don’t get me wrong, I try very hard not to be one. My other white buddy @soulgardeners introduced met to Jonathan Jansen’s work describing my racism as almost inherited through blood. Together we started to talk about our struggle with racism in the same way addicts would talk about their addiction.  I am a recovering umlungu, addicted to feeling superior. I am born into a history of racism. Years of prejudice have framed a narrative through which I perceive others that are different from me and my culture.  I am proud to say that most of the time, with the help and patience of kind, supportive and forgiving black (and white) friends I have my addict...

Uit met die oudedoos...

Ek het sopas van ‘n doos vol boeke ontslae geraak. Lanklaas het ek so verlig en bevry gevoel soos nou. Hierdie boeke het ek sedert my studies by die kweekskool op Stellenbosch bymekaar geskraap en met my saam gedra met die hoop om iewers agter ‘n kansel een van hulle aan te haal. “Hoe anders gaan die kerkraad weet ek is my sous as prediker werd?” het ek naiwelik in daardie dae gedink toe ek keer op keer met nog ‘n teologiese treffer onder my arm by die plaaslike boekwinkel uitgestap het. Maar soos die nadraai van kweekskool aangebreek het en die krake in my godsdienstige viniel begin wys het, het ek tot bevrydende slotsom gekom dat ek nog nie een van hierdie boeke gelees het nie. ‘n Paar het al sover gekom om my aandag tot duskant die inhoudsopgawe te kry, maar dan sou die Huisgenoot in die toilet my aandag trek en Calvyn, Jonker, Durand en Barth sou dan weereens moes wag vir ‘n nuwe roering van die akademiese gees in my. 6 jaar se studies en ek weet nog steeds nie wat beteken “plaatsb...