Skip to main content

Posts

Oor Seekoeie, Crocs en Gin 'n tonics.

Tydens ‘n onlangse besoek aan die Kruger Wildtuin het ek net weer opnuut besef: Die mens is kens, stapelgek. Ons het doer bo in die noorde by Pafuri gaan draai en orals waar ons kom is daar waarskuwings dat toeriste asseblief in hul motors moet bly. Die diere is gevaarliker as wat hulle lyk, dis nie Disney World nie, dis Afrika! So gaan hou ons toe piekniek by Pafuri, heimlik hoopvol dat die allerskaarste visuil sy verskyning sal maak. Na ‘n heerlike en insiggewende kuier saam met Frank Mobasa, Pafuri se voëlguru, vat ons toe die pad al langs die rivierbedding af. Op ‘n kol stop ons by ‘n mooi hoekie sommer teenaan die rivier. Entjie teen die wal af le vier groot krokodille, verder af in die rivier skuil ‘n spul seekoeie van die middagson en oorkant die wal breek ‘n paar takke onder olifant tande. “Hello darling, do you see any wild animals?” skreeu ‘n botox tannie met ‘n gin en tonic vanuit haar splinter nuwe Prado. “No, only hippos and crocks!” antwoord die bestuurder in die ew...

'n Groen middelklas

Alhoewel hierdie artikel oor ‘n groen leefstyl gaan is daar niks groen hieraan nie. Ek skryf dit in ‘n koffiewinkel in Secunda, vader alleen weet hoe ek hier beland het. Die “aircon” is op fullblast en dis nie eers warm buite nie. Rondom die dorp is groot torings wat geduring vlamme en rook die lug in blaas, soos die vraag vir energie en krag net groter en groter raak. Die koffie wat ek drink het iewers per skip, vliegtuig of trein hier beland, aan die bitter smaak daarvan weet ek dit prut al die heel dag op ‘n warm plaat. ‘n Paar weke gelede is het Polo 1.4 spoorloos verdwyn (die polisie krap nou nog kop...), sedertdien rits ons rond in ‘n geleende 4X4 3liter monster. My ekologiese voetspoor is vandag onbegryplik groot. Ek gaan ‘n hele boord se bome moet plant as ek môre weer by die huis terug is. ‘n Veldtog getiteld Trees for Africa het ‘n hulpmiddel op hul webblad wat jou help om jou koolstof voetspoor te meet en dan aan die hand daarvan die aantal bome bereken wat jy moet plant om ...

Die reënboog buite “Mrs. Mansfield” se klas

Ek het gister ons huishulp se dogtertjie by die skool gaan haal. Terwyl ek vir haar gewag het, het hordes kinders by my verby gestap, so half en half in rye elke keer as die juffrou kyk, maar almal diep in gesprek met die maatjie langs hulle. Wat my opgeval het is dat die kinders deur ‘n ander bril na mekaar kyk as die bril waardeur ek na die lewe kyk. Ek kyk na hulle en sien skakerings van swart, bruin en wit. Ek hoor Engels, Zulu, Xhosa en hier en daar ‘n bietjie Afrikaans. Maar nie hulle nie. Wanneer hulle praat word Zulu en Xhosa gemeng en met Engels versier. Wit en Swart loop hand om die lyf en wag geduldig vir hul Indiër maatjie om hulle in te haal. Dit is asof hierdie kinders ‘n universiele taal leer praat het, al klink elkeen se woorde anders. Hulle het ‘n gemeenskaplike grond gevind, al ervaar elkeen die oomblik anders as die res. Terwyl ek daar staan met my rug teen die kennisgewing bord, sekondes voor my oog Angelique s’n vind, besef ek dat hierdie kinders ons enigste hoop o...

'n Poedinglepel vol hoop

Om te hoop is soos ‘n poedinglepel wanneer jy aansit by ‘n ete. ‘n Mes en vurk op hul eie, of selfs saam met die kleinbordjie en ‘n servet in die vorm van ‘n swaan, sê eintlik maar net een ding: Rys, vleis en aartappels, hoederpastei, wors en pap, een of ander Huisgenoottreffer, of dalk selfs ma se nuutskepping met roketblare, bokmelkkaas en beet. Alles goed en wel en ek kla nie met die witbrood onder die arm nie, maar nie die mes, of die vurk, of die slaaibordjie, nóg die broodmandjie kan dieselfde kinderlike opgewondenheid in ‘n mens losmaak, soos die gevoel wat binne jou maagwande loskom wanneer jy merk dat daar ook tussen al die ander blinkgoed voor jou, ‘n poedinglepel lê nie. Dit is in sulke oomblikke dat jy weet dat daar ekstra moeite gemaak is met jou besoek. Daar is verder gedink, fyner beplan, soeter gedroom oor hoe hierdie betrokke ete moet uitdraai. En as die gasheer of gasvrou hulle sout werd is sal daar geen geheim verklap word oor wat op die gaste na die hoofmaal wag nie...

'n Pelgrim met goeie nuus

Ek hoor dikwels die “reeds-baie-holrug-geryde, maar-tog-spyker-op-die-kop-waar” stelling : Christene is fake. “Julle leef nie wat julle verkondig nie. Voor die dominee is julle heilig, maar by die braai is jy vol grappies. Die manier hoe julle oor God praat klink oud en oor sy vervaldatum, soos melk in ‘n straatkaffeeyskas. Die God waarvan julle sing en bid het iewers duskant die 325 afgetree, of 6000 jaar gelede opgehou skep. Volgens julle rus Hy nou...” Maar dalk is die probleem nie individuele Christene nie (in elkgeval nie die hele lot nie), maar eerder die paradigma waarin Christene hul geloof probeer verwoord het en die gebrek aan goeie, bevrydende intellektuele leiding, wat ons gebring het tot waar ons nou is. Die kerk was eens op ‘n tyd die intellektuele pasaangewer in ‘n donker wêreld vol bygelowe en vrese. Totdat die mense begin droom en ontdek het. Copernicus, Columbus, Descartes en Darwin het met nuwe stories, metafore, idees en feite vorendag gekom. Later, met die koms van...

Vicky Venter

Vicky Venter was ‘n meisie van die verkeerde kant van die spoorlyn op die dorp waar ek leer praat, loop en leef het. Met haar blas vel en "reguit-af hare" soos in my ma se Sarie tydskrifte was sy die mooiste meisie in die gekombineerde Sub A en B klas van 1988. As dit nie was vir die “oversize hand me down” skoolklere en haar vuil vingernaels nie, sou daar waarskynlik meer sulke stories oor Vicky vertel kon word, maar die dice het nie vir Vicky reg geval nie en dus is hierdie die enigste storie (tot my skande) wat ek oor haar kan skryf. Sy was my eerste meisie, half teen my sin en te danke aan ons bure se seun, Jakkie. Ek, Jakkie en nog iemand wie se gesig en naam my ontduik moes na skool detensie sit. Ek dink ek het my L.O. klere vergeet en Jakkie het seker weer die vetkryte opgekou. “Vicky, Fourie wil met jou kys” het Jakkie uit sy beurt kwytgeraak. Ek verstik amper aan die korsie van my pousebroodjie en kry om die dood toe nie geprotesteer nie. Vicky is uit haar sko...

Glase goeie wyn

Ek en El is mal daaroor om vriende by ons huis te ontvang. Vir ons is dit kerk. Vriende en vreemdelinge rondom ‘n tafel vol kleure en geure. Kerse brand die wêreld vol, die kombuis is warm op ‘n koue wintersaand. Glase vol goeie wyn beloof dat die aand nog wonderlike stories gaan optower. Ons praat en lag en elkeen rondom die tafel se woorde word gehoor, se lewens kry ‘n plek op ‘n podium. Ons raak diep en filosofies, soms laf en kinderagtig. Nog elke keer rondom ons kombuistafel, selfs die kere waar ons een van my ma se tuisnywerheid pasteie warm maak, het ek gevoel dat die spasie tussen ons en God besonders dun is. Deur die eeue het gelowiges van sulke spasies as “Thin Places” gepraat. God is amper tasbaar naby. Een van ons vriendinne, Daleen Crafford...is ‘n kos fundi by uitstek. Wanneer sy vriende by haar huis ontvang is dit gewoonlik ‘n fancy affêre. Sy gaan groot met die geregte, maar bedien elke dis apart. En sy vat haar tyd, teen twaalf uur is daar nog geen sprake van poeding n...