My ouma aan my ma se kant was ‘n netjies vrou. Alles was altyd op haar plek. Sy het tot haar dood toe nog elke 2de dag die huis van voor tot agter gespringclean. G’n mens kon met haar huishou wanneer sy, gewapen met die stofsuier, handy andy en my oupa se ou stukkende onderbroek die huis en alles daarin reggetrek het, afgestof het en blink gevryf het nie. My ma is anders. Haar huis word net een keer in ‘n week reggetrek...en dit, tot die dominee se skande, nogals op die Sondag ook. Elke keer net voor die mense kom tee drink, is dit chaos soos sy spartel om alles op hul plek...onder ‘n bed of agter ‘n kas in te kry. Met my ouma se dood het my ma ‘n baie duur porselyn eetstel van haar ma geërf. Dit was ‘n trougeskenk van my oupa af wat my ouma feitlik vir ewig veilig agter ‘n vertoonkas (wat ek toe geerf het!) gebêre het. Want, het sy altyd gesê, ‘n eetgery soos die, moet ‘n mens bêre vir ‘n spesiale geleentheid. Daardie geleentheid het nooit gekom nie en my ouma het maar altyd net die ...
stories is 'n heilige affêre...