In die eerste eeu na Christus het ‘n denkwyse soos ‘n veldbrand begin versprei. Dit word Gnostiek genoem. Die groot gedagte is dat hierdie wêreld inherent sleg is. Daar is ‘n hoër vlak van menswees, waar die siel verhewe is en naby aan God beweeg. Dinge soos politiek, werk, familie, eet, seks, tuinmaak, speelgoed is van ‘n laer vlak. Goed soos armoede, seerkry, lyding is ‘n teken van ‘n baie lae vlak van lewe. Die strewe is om van hierdie wereld en sy uitdagings, begeertes en swaarkry te ontsnap. Daar is ‘n eksklusiewe vorm van kennis/liefde wat vir ‘n mens verlossing bring, nie almal kan dit behaal nie. Jesus was nie regtig mens nie. Het ook nie regtig gesterf nie. Hy was die eerste om hierdie vlak van lewe te bereik. Die eerste stories oor Jesus was skaars op skrif toe versprei die virus reeds. Dit is een van die “backdrops” waarteen Paulus sy brief aan Romeine skryf. Paulus skryf in Romeine 8 oor die skepping wat ‘n vrou in baringsnood is. Haar water het gebreek. Kraampyne is...
stories is 'n heilige affêre...