Onder in die gang hoor hy die laaste voetstappe van kinders wat by die trappe af verdwyn. Die skoolklok se laaste lang lui wat die Desembervakansie aankondig, weerklank nog diep in sy oortromme. Sy tafel is vol geskenkies wat die kinders vir hom gebring het. Meestal potjies ingelêgde kosserasies van winkels soos Woolies, ’n bottel whiskey en heelwat biltong. By sy huis het hy ’n eindelose voorraad sulke proviant. Dis amper soveel soos die blikkieskos wat sy ma destyds in 1994 voor die eerste demokratiese verkiesing bymekaar gemaak het. Sy klas weet dit nog nie. Nie eens die skoolhoof nie. Hy het reeds die besluit geneem, al weet hy nog nie wat op hom in Januarie wag nie. Hy is klaar met die onderwys. Vroeër die kwartaal het hy ’n groot uitval met sy hoof gehad. Dis eintlik belaglik dat twee groot mans so kinderagtig kan wees. Hy weet dit en hy weet die hoof weet dit ook. Sedert daardie groot baklei het iets in hom kom inkruip. ’n Gatvol gedagte. V oor hy hom kon kry het daard...
stories is 'n heilige affêre...