Skip to main content

Posts

Tata Madiba.

For my smoking friends

The Holy Tree'nity and June Sixteen

I believe that trees are holy. They remind us of God. When I studied at Stellenbosch I daily visited the university's botanical garden. In the garden they had Olive trees that were grown from cuttings of the Olive trees from the garden of Gethsemane where Jesus spent his last night praying before his death. Praying under those trees I imagined myself being deeply rooted to the night his friends betrayed him and He died for them and also for me.  I have a friend that can really go deep when it comes to trees. Also a fellow Joburger, he grew up in the city with most trees in the world. Johannesburg is truly a manmade forest. My friend's name is Jan. A very Afrikaner name, although Jan is not your typical Afrikaner. (add your own stereotype here) Every now and then we will share a glass of wine and Jan will light his pipe. Most of the time we speak of trees. At every conversation he reminds me of how old trees are. Long before man, trees were. One of his favourite ...

Sommige mense is 'n tonic vir die siel

Onse Moeder

Onse Moeder wat orals is alles van U is heilig U aarde is ons tuiste mag alles wat goed en mooi is gebeur mag die hemel meer soos die aarde word U borsvoed ons met nuwe lewe elke dag,  oorgenoeg. Vee af die snot aan ons neuse en leer ons om nie te boelie nie Kom le by ons in die donker en hou ons vas in die koue nag. Aan U behoort die liefde en die skoonheid tot in alle ewigheid. Amen

Hemelvaart

Coenie Burger skryf oor die hemelvaart as die afgeskeepte Christenfees. Vir moderne mense is die gedagte van Jesus wat op die wolke boontoe is, natuurlik ‘n vreemde konsep. Vandag weet ons dat die wereld rond is en dat daar nie noodwendig ‘n bo of ‘n onder is nie.  Vir die eerste Christene was dit egter nie ‘n wetenskaplike vraag nie, maar eerder ‘n godsdienstige gebeurtenis wat hulle hele lewe in ‘n heel nuwe rigting gestuur het. Daar is besonders baie simboliek in die manier hoe die skrywers van die Nuwe Testament oor Jesus se hemelvaart skryf. Veral Lukas het moeite gedoen om sy hoorders en lesers tot by daardie besonderse dag te bring en hulle, of eerder ons, te help om die dieper betekenis daarvan te sien.  En al hoe wel ons vandag in ‘n heel ander leefwereld leef, kan die hemelvaart ons nog baie help om God se teenwoordigheid in hierdie lewe raak te sien en te verstaan. Ek onthou die pentjie in die kinderbybel van Jesus se hemelvaart baie goed. My eerste ge...

Ek sou ook vir Jesus verraai het...

Vanaand vier Christene die Laaste Avondmaal. Ons dink na oor die gebeure van daardie nag, meer as 2000 jaar gelede. Ons bevind onsself rondom die tafel toe voete gewas is, brood gebreek is, vriende op mekaar gedraai het en hul Messias uitgelewer het aan 'n wrede genadelose sisteem.  Toe ek 'n klein seuntjie was het hierdie verhaal my diep geraak. Ek was vas oortuig dat as ek daardie nag deel van Jesus se vriendekring was, sou dinge anders gewees het. Jare later sou mense oor my heldedade van daardie nag geskryf het. My storie sou die antitese van Judas gewees het. Vandag, as volwassene is ek egter diep bewus van die Judasbok binne my. Lydenstyd is immers 'n uitnodiging om kennis te maak met die verraaier wat skuil in elke hart. Hierdie tyd waarsku ons om nie te gou na die lee graf te hardloop nie, nie voordat jy eers die haan hoor kraai het nie. Om by Sondag uit te kom, moet jy eers by Vrydag stil staan.  Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus brood gebreek, dit in sous ...