Skip to main content

Posts

Dans Dans Double Step

Toe ons jonk was het ons ‘n speletjie gespeel “Follow the leader”. Die punt was om die leier se bewegings te na-aap, hoe langer die spel aangehou het, hoe moeiliker het dit geword. Veral as die leier onverwags terug tree of stop. dan bots almal in mekaar vas. Om ‘n Jesus te volg voel vir my dikwels so. Jesus stop, of beweeg met eens vinniger, of draai skielik na regs en voor ek my kan kry is ek uit ritme uit.  Ritme is nie juis iets waarmee ek geseen is nie. Wanneer ek by mense gaan kuier verkies ek om die klokkie te lui, eerder as aan die deur te klop.  Ek is dus goed bekend met daardie “uit ritme” gevoel. Wanneer dit met ‘n mens op die dansbaan gebeur, veral wanneer jy saam met iemand anders dans, dan het jy een van twee opsies. Jy kan of stop, ‘n oomblik wag tot jy weer die ritme gevang het of jy kan sommer so in die dans ‘n "double step" gee met die hoop om die ritme te vang.  Hierdie “stop en wag”  of die “ekstra stappie” sien ek ook in my geloo...

Mandela Memorial #3 (Afrikaanse Liturgie met Antjie Krog se Rougesang)

Liturgie vir 'n Lewe van Versoening Ter nagedagtenis van Nelson Rolihlahla Madiba Mandela 11 Desember 2013 In hierdie adventstyd dink ons aan Madiba as ‘n pelgrim wat ver moes loop vir vryheid. Iemand wat die wereld se verbeelding aangegryp het deur vergelding te verruil vir vergifnis. Baie mense stap vandag saam met hierdie pelgrim, in die rigting van ‘n wêreld waar almal vry is om met menswaardigheid te leef. Ons vat hande met mekaar, ons ontdek ons eendersheid te midde van ons andersheid. Ons laat toe dat Afrika deur ons are vloei. Ons loop die pad met ‘n reenboog op die horison. Rondom ons hoor ons die toejuigings van ons voorouers, van hulle wat die pad reeds gestap het. Ons hoor die pleidooi van hulle wat op die pad gestruikel het. Ons struikel self. Iemand help ons op. Ons sien die bakens langs die weg en word herinner dat die pad lank is en al hoe moeiliker gaan word. Hoe verder ons agter hierdie aardsepelgrim aanstap hoe meer leer hy ons van versoening....

Mandela Memorial #2

"At the FNB Stadium, no matter how hard it tried to drive the event, the crowd became the backdrop of an event aimed at television cameras, speeches by people they had never heard of (speeches the crowds could not hear because of a dubious sound system), so that South Africans could hear how much other people appreciated Madiba." http://mg.co.za/article/2013-12-11-sa-forgotten-at-mandelas-memorial

Mandela Memorial #1

Looking back on today's memorial service at FNB stadium, I have to admit that I am somewhat disappointed. I know that it had to have a formal (political) side to it, but my opinion is that the organisers tried too hard to speak to an international audience from a government imagination, instead of giving ordinary South-Africans the opportunity to celebrate Madiba's life and unite in our shared grief. I hoped for more songs, liturgical prayers, testimonies from real South-Africans. I missed the presence of children and voices of young people. The audience participation was very limited. The screens were constantly off, which made it very difficult to feel connected to what happened on stage. A lot of the dignatries came into the stadium without being announced properly. Even the family members arrived unceremoniously at there seats. In the end, Cyril Ramaphosa had to reprimand the crowd and encourage us to be patient and listen quietly to all the remaining speeches. From the per...

Abba Madiba

Sedert Nelson Mandela se afsterwe kan ek nie ophou dink aan die oom en die tannie op die dorp wat se naam onlangs verander het, aan die hoopvolle Afrikaanse kunstenaar iewers op die hoofweg tussen Colesberg en Hanover, aan die kleinkinders van die boer wie onlangs vermoor is, aan die skoolhoof wat nog wag op handboeke, aan die afgetrede onderwyser wat weer begin skool gee het, aan die oupa wie se pensioen opgeraak het, aan hom wat sedert 1994 sukkel om werk te kry, aan die hoopvolles wat onlangs matriekeindeksamen geskryf het, aan die tannie by die bank, die tannie by die weeshuis en die oom by die poskantoor. Ek dink aan die kelner, die konstabel en die aanskofskoonmaker. Die eienaars en die eenmansake, die diknekke en die direkteure. en aan elkeen wat daagliks opstaan om die pot aan die kook te hou. Ek dink aan die manne van die buurtwag, die vriende by die braai en die ouens in die gym. Ek dink aan die ouma van die swanger tiener, die verpleegster by Baragwanath Hospitaal, die...

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die so...