Skip to main content

Posts

Die aarde en alles daarop.

“Kruis op die rug, die berg uit”, sê ek vir my vriend toe hy vra hoe die week moet eindig. Ons was besig om die eerste van vele Jesus weke in die koshuis op Stellenbosch te beplan. In daardie dae was ek ‘n volslae Charismat wat hard probeer het om die koshuis vir Jesus te wen. Ek was onder die indruk dat God net daar is waarheen ons hom neem en na aanleiding van die ryke tradisie van stront aanjaag in Simonsberg het ek in my naiwe onskuld tot die slotsom gekom dat niemand nog vir God ‘n kamer in die koshuis gereël het nie. Daarom dan die rede vir die Jesus week. ‘n Hele week waar ons Christene vir die res gaan wys Wie eintlik in die koshuis moet koning kraai. Die agenda het soos volg verloop: ‘n Massiewe plakaat met die naam “JESUS” het in die eetsaal gehang, want elke knie sal mos buig en elke tong erken... Ek onthou nog hoe Loftus, een van dié wat volgens ons nog nie vir Jesus geken het nie, my asseblief gevra het om die plakkaat te verwyder. Daar is immers meer as net Chistene in di...

Bruinoog Politiek

Ek moet bieg, ek het nog nooit ‘n brown eye gegooi nie. Die geleenthede was telke male daar. Soos die keer toe ek en my vriend die enigste WP ondersteuners op Loftus was en Boeta Wessels die Bulle in die stof laat byt het deur drie keer reg voor die pale mis te skop. Daardie dag sou die perfekte dag vir ‘n bruin oog gewees het, maar soos baie ander kere het my moed my begaan en kon ek sedertdien nog nie die broekrek onder die boude kry en die groot oog vir wie ookal wys nie. Ek onthou my vriend Pietman het tydens ‘n landsdienskamp in die laerskool ‘n groepie meisies van hul onskuld beroof deur hulle te wys waar Dawid se wortels begrawe is, maar ek kon nog nie sulke mannemoed openbaar nie. Dit vra ‘n sekere riskante selfvertroue in die wete dat jy vanoggend goed afgevee het. ‘n Bruin oog is in alle opsigte ‘n middelvinger in die oortreffende trap. Met die wys van die vinger verstaan die ontvanger onmiddelik dat jy nie baie opgewonde is oor sy of haar bestaan nie, maar met ‘n bruinoog se...

Ons Taxi het ‘n township vibe!

‘n Paar weke gelede by ‘n troue staan ek en wag vir die kroegman om my oog te vang. Die toesprake is al verby en die bruidspaar het sopas hul rondte op die dansbaan gemaak. Ek staan vasgedruk tussen ‘n ronde vent en sy vriend, hulle praat politiek. My kop gaan heen en weer so asof ek tennis kyk. Die gesprek balanseer op ‘n mespunt soos die twee tot die slotsom kom dat die land goed in sy moer is en dat al wat ‘n reg(s)dekende witmens nog kan doen, is om maar sy tasse te pak. “‘n Volgende Zimbabwe is op hande, trek mos alles deur, selfs doringdraad.” sê ou dikkes en sluk die laaste bietjie brandewyn weg. Sonder om ‘n oog te knip, gaan hy voort: “As Verwoerd nog aan die stuur was, sou ons darem hierdie land vinnig kon regruk”. Sy vriend beaam met ‘n gewyde stilte. Ek probeer uit die gesprek bly deur my kleingeld te tel, maar net voor ek my uit die voete kon maak, draai Vaatjie na my en vra: “Jy met die kuif, nou wat dink jy?” Ek verstik amper aan my Black Label en slaan rooi uit soos la...

Verandering

Ek kyk vandag vir myself in die spieël. Ek sien lyntjies, sproete en merkies. Ek sien jare se onvermoë om uit my maag te lag. Ek sien die onseker oogkontak tussen my en mense vreemd en bekend. In my mondhoeke skuil die vervolmaakte kuns van flou grappies om die kollig weg van myself of subtiel op my te kry. Ek sien die lugleemte in my binneste van te min dink, te min droom, te min glo en te min hoop. Ek sien die oggende van nie bly wees oor nog ‘n dag nie. Ek sien die jukstaposisie tussen my krag en my swakheid. Ek sien dat ek te dikwels oorleun in die rigting laasgenoemde. Ek sien die min slaap, die laat slaap, die lusteloosheid van die afwesigheid van passie wat deur my are borrel. En nou...nadat ek lank genoeg na hierdie “hopeloos te oud vir sy tyd” gesig gestaar het, besluit ek om depressie ‘n moerse pit te druk. Fok dit! Fok die gat waarin ek gekruip het. Vandag klim ek uit, so help my God. Vandag voel ek nie meer ‘n veer nie. Vandag delf ek diep in my binneste vir die flikkering ...

Erfgoed

My ouma aan my ma se kant was ‘n netjies vrou. Alles was altyd op haar plek. Sy het tot haar dood toe nog elke 2de dag die huis van voor tot agter gespringclean. G’n mens kon met haar huishou wanneer sy, gewapen met die stofsuier, handy andy en my oupa se ou stukkende onderbroek die huis en alles daarin reggetrek het, afgestof het en blink gevryf het nie. My ma is anders. Haar huis word net een keer in ‘n week reggetrek...en dit, tot die dominee se skande, nogals op die Sondag ook. Elke keer net voor die mense kom tee drink, is dit chaos soos sy spartel om alles op hul plek...onder ‘n bed of agter ‘n kas in te kry. Met my ouma se dood het my ma ‘n baie duur porselyn eetstel van haar ma geërf. Dit was ‘n trougeskenk van my oupa af wat my ouma feitlik vir ewig veilig agter ‘n vertoonkas (wat ek toe geerf het!) gebêre het. Want, het sy altyd gesê, ‘n eetgery soos die, moet ‘n mens bêre vir ‘n spesiale geleentheid. Daardie geleentheid het nooit gekom nie en my ouma het maar altyd net die ...

Yunis (Iewers verlede jaar geskryf)

Elke tweede week help Yunis om ons huisie weer leefbaar te maak. Ons het die gebruik om aan die einde van die dag, voor ons haar na haar huis in Bloekombos neem, saam koffie te drink. Meeste van die tyd is daar nie eintlik iets spesiaal aan die klein ritueel nie. Sy sit by die tafel en ek maak die koffie. Melk met drie suiker, ek drink dit swart, Elmarie drink tee. Dit is selde dat ons praat. Waarskynlik omdat die twee werelde net te groot is en die tyd wat ons haar ken te min. Verlede week was egter anders. Dieselfde storie, drie suiker, een met melk die ander een swart en ‘n potjie tee. Ons vra haar uit oor haar kinders. Sy het vier, die eerste een gekry op 17, sy is nou 34, uiteindelik getroud. If we get pregnant now, it ill be very bad, se Elmarie. Ek verstik amper aan my stuk beskuit. Why? vra Yunis. Ag Yunis, we are too young. No, you should have two by now. Eish, is al Xhosa wat ek op daardie oomblik uitkry. No, we first want to see the world. A child is a blessing, Faure, you m...

Nòg Afrikaner, nòg Afrikaan.

Ek is nie ‘n Afrikaner nie, nòg ‘n Afrikaan. Die ander dag help ek ‘n vriend om sy meisie se meubels aan te ry. Half lomp sukkel ons met ‘n wasmasjien uit die vorige bedeling: Groot, swaar en wit. Etlike oomblikke voor my vriend die bleddie ding op my voet neersit, stop ‘n statige swart vrou in ‘n spier wit 4x4 langs ons en vra vir rigting (‘n cream kleur Datsun dam agter haar op...). My vriend se engels is my een vooruit, dus doen hy die praatwerk terwyl ek hom in my binneste vloek oor die wasmasjien en die yskas wat nog op ons wag. “Then you turn right at the first robot en go straight, no wait you go left at the first and straight past the 7 Eleven, untill you see ‘n tree on your left, then you turn right. OK?” Vriendelik bedank sy hom en ry daar weg. Skaars het ons die wasmajien weer in ‘n half nelson beet, toe die datsun op ons aandag wag. ‘n Vrou met ‘n maand oue perm en lipstiffie wat pas by haar skril pienk oorbelle kondig oopbek aan: “Julle kan haar maar enige kak vertel, sy g...