Skip to main content

Posts

Orlando Bulls

Hoekom die bohaai oor Orlando stadium en die Bloubulle? Daar word mos al lank sokker gespeel op Loftus, Ellispark en op Nuweland? Hoekom haal daai wedstryde nie die nuus nie? Word die sokkerondersteuners ook so goed ontvang in Pretoria soos die rugbyondersteuners Saterdag in Soweto ontvang gaan word? Dis sommer ‘n paar goed waaroor ek wonder so op die vooraand van die Bulls vs Crusaders wedstryd in Soweto. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink dit is great! Wie sou kon dink dat eendag ver in die toekoms die ou Noord-Transvaal in Soweto gaan rugby speel, nogal vir ‘n semi. Wie sou dan nog daarby kon droom dat die stadion binne etlike ure uitverkoop sal wees en dat die locals van Soweto nie kan wag om die “boere” van Pretoria ‘n ding of twee oor braaivleis te leer nie. Die nuwe SA, you gotta love it! OK, terug na my openingsparagraaf. Hoekom die bohaai? Wat maak dit so vreemd wanneer ‘n oorwegende wit, Afrikaanssprekende sportspan en hul oorwegend wit Afrikaanse ondersteuning...

Simptome sonder 'n diagnose

Ek skryf vanaand oor my ontydige ontmoeting met die dood, my eie dood om presies te wees. My muse terwyl ek skryf is die bekfluitjie van Bob Dylan. (“it's getting dark, too dark to see, I feel I am knocking on heavens door...”) Die afgelope paar weke stoei ek met simptome wat wissel tussen malaria, bosluiskoors, sinussitus, babalas en een of ander bakteriele bliksem in my binneste. Oor die algemeen het ek die gemoedstoestand (asook die spysvertering) van ‘n ouma agter op die backseat terwyl haar kleinkind sy "maiden voyage" deur Bainskloof Pas onderneem, in pa se nuwe Audi... Die dokters gooi egter klippe in die bos om te kyk wat uitspring, dus het ek nou al buiksonars, breinskanderings en ‘n wilde lumber punch agter die blad (laasgenoemde was regtig agter die blad). Iemand moet nou nog net my prostaat kom voel dan is die hele boksomdice gecover. OK, so waar was my ontmoeting met die dood? In al die bogenoemde natuurlik. Ek doen nie goed met naalde, pille en hosp...

Perspektief

Hier vanuit ‘n vreemde land voel alles weer nugter en normaal, dis nou wat my emosies, vrese en vrae rakende die Republiek aanbetref. Ek vermoed dis bietjie anders wanneer jy elke dag die Beeld en die Rapport se brokkies (ou)nuus teen die straatligpale lees. Wanneer jy daar tussen Toskaanse boustyle, agter duur elektriese heinings wat 24uur deur “hulle” vir wie ons bang is opgepas word. Wanneer jy daagliks in jou groot, swart 4X4 die kinders by die privaatskool aflaai, jou haarkapper besoek, die nuutste skinder en klagtestories opdis en dan by die Virgin gym, saam met die res van die sokkermammas, rondom ‘n aarbei smoothie en skinny lattes praat oor Australie en Kanada en die visums wat nie wil realiseer nie. Wanneer Malema en Eugene die lugtyd kaap, lewend en sterwend. Wanneer oumas in huise vermoor word en babas in wiegies aan hul eie bloed verstik, wanneer skote klap, ruite breek en iewers agter 'n blink lessenaar ‘n hoogeplaasde die rassekaart speel en so die bal van veran...

Suid

Ek skryf 'n kort inskrywing vanuit Utrecht, Nederland. Ons toer Britanje en Europa vir drie weke. Sulke geleenthede gee 'n mens mos kans om weer met nuwe kykers te kyk na jou eie land, sy mense en jou eie verkongtheid daaraan. Nou, ek is verknog, versot, verlief op Suid-Afrika. Ek kan voel dat iewers in die verlede het my voorsate hier op die nooderlike vasteland diep spore getrap, maar sedertdien het die Afrikagrond my bloed gevlek met 'n diep, bruinrooi. Ek hoort Suid.

‘n Vakansie van ‘n agtergeblewende

Oor ‘n week of wat sal die uittog begin. Die tasse en toksakke is reeds afgestof, die coolerboks uitgespoel en splinternuwe swembroeke, strandhandoeke en visplakkies is ten duurste aangeskaf. Groot blink karre word vir oulaas gediens, karrevane word gewas, uitgepak en oorgepak. Op plekke soos Margate, Hartenbos en Stilbaai word liters draairoomys, bier en brandewyn aangekoop. Die slaghuise kry hul voorraad tjops en wors gereed en Four Cousins bottel vir ou laas ‘n paar duisend bottels soet en semi-soet wit, rooi en pienk partytjiewyn. Vrouens gaan vir selftan sessies, mans bo 40 is vir die eerste keer hierdie jaar in ‘n gym besig om hul lywe “strandgereed” te kry en iewers is ‘n matriekmeisie besig om haar eerste tattoo te beplan. Afrikaanse “popsterre” wat heel jaar lank liedjies sing met titels soos “Pomp jou wiele styf” en “Kap daai tannie kwaai” werk eweskielik hard aan ‘n kersfees CD vir die langpad. En salig onbewus van al hierdie opwindende dog uitputtende dinge is oupa en ouma...

My kop R(a)as, Dumisani!

Kyk, nou rafel dinge heel te mal uit. Ek kon nog die weekspan van die Bokke se verloor teen die Tiere hanteer. Daar is immers iets spesiaal daaraan wanneer die beste span in die wêreld bloedneus geslaan word deur ‘n buiteperd. Dis soos daai keer toe my laerskool vriend Pietman (tans ‘n kranige musikant met die naam Peter Mitchell) die plaaslike boelie tydens pouse bygedam het. Die boelie het na die tyd gekla dat ou Pieta vuilgespeel het, dat die turf waarop hulle gestoei het ongelyk was en dat dit tog beter sou gewees het om eerder na skool te baklei as tydens pouse. Ons almal het egter geweet dat dit flou argumente van ‘n sleg verloorder was en dat Pietman se sogenaamde “lucky” linker op enige ander dag die boelie met sy logge liggaam ter helle sou laat neerdaal het. Pietman was sedertdien my “hero”. Dus het ek in teorie nie ‘n probleem met die weekspan se loesing nie. Maar toe gebeur laas Vrydagnag. Hier is soos ek dit vaagweg kon onthou: 21:20: Ons kyk die wedstryd by die naaste kro...

Boksies

Die ander dag sit ek in ‘n koffiewinkel en lees. ‘n Tannie stap toe nader, kyk my so op en af en kondig luidkeels aan: Jy lyk darm regtig nie soos ‘n dominee nie.Vir ‘n oomblik was ek onseker of sy dit as ‘n kompliment of kritiek bedoel het. Wat ek wel weet van haar opmerking weet is dat dit gelaai is met stereotipes. Sy het ‘n spefieke verwagting van hoe ‘n predikant moet lyk wanneer hy by ‘n koffiewinkel sit en lees en dis duidelik dat ek nie aan haar verwagtings voldoen het. Daar is deur die jare ‘n paar stereotipes rakene predikante opgebou en die tannie sien weining daarvan in my. Dit geld egter nie net vir predikante nie, noem nou maar enige manier van menswees en iemand gaan ‘n bepaalde stereotiepe daaraan heg. Van mechanic tot prokereur, van doktor tot skoonmaker, van onderwyser tot orrellis. Zulu, Xhosa, Afrikaner. Ryk en arm, geleerd of ongeleerd. Bruin of wit, Afrikaans of Engels. Gelowige of ongelowige. Al hierdie name skep sekere prentjies in mens se gedagtes en maak bepaa...