Skip to main content

Posts

My eerste nagmaal, tot my ouma se skande

Ek onthou die dae toe nagmaal net vir grootmense was. By die kerkie op die dorp waar ek groot geword het was nagmaal ‘n groot ding. Die beste swart pakke is afgestof, spier wit dasse was blink gestryk, hoedens is uit die Kaap aangery, die orrel se pype is skoon geblaas en die tuintjie voor die trappe by die ingang van die kerk het selfs in die koudste winter kleurvol geblom. Alles moes perfek wees, ook diegene wat deel wou he aan die nagmaal. Die dominee het seker gemaak die dorpie weet hoe heilig die nagmaal is en dat slegs heilige mense die nagmaal “mog” gebruik. Vader land, praat nou van pressure, maar anders as by ander kerk het ons mense nie geskroom om hul heiligheid op hul mou te dra nie. Nee wat, net nou begin die dorp skinder oor hoekom jy nie die nagmaal wil gebruik nie, dus moet jy maar eerder seker maak die masker wat jy dra is silwer skoon, of is dit nou wit gepleister? Hoe dit ookal sy, ek onthou nog my eerste nagmaalservaring. Ek was nog in my voorskool dae en het die...

Maak vir Sepp die Prez...

Ek voel vandag skoon depres. Dis nie meer hier nie. Dis verby. Daar is niks meer oor om te voel nie. Spanje kraai koning, die res van die wereld het reeds aanbeweeg en duisende Suid-Afrikaners wonder wat om met al die goedkoop, papierdun vlae te maak. Maar ai dit was lekker. 6 weke van goeie sokker, boonop nog op SABC ook. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek nie myself verwyt vir die gebrek aan ‘n dekodeerder en ‘n skottel nie. Nog ‘n kerel wat waarskynlik vandag bietjie depres voel is ons eie Prez, Jacob Zuma. Want sien die afgelope tyd moes hy tweede kitaar speel terwyl Sepp Blatter beheer geneem het oor die Republiek. En het hy nie ‘n goeie job gedoen nie. Die polisie was gewapen en paraad, die paaie was blink en skoon, die rye was lank maar vinnig en die vibe, ag die vibe was fantasties. Vir ‘n beter intree prez kon ons nie gevra het nie. Draai natuurlik ‘n blinde oog vir Sepp en vriende se een groot agenda met FIFA sokker en hul gasheerlande: WINS, moerse baie wins. Teru...

Orlando Bulls

Hoekom die bohaai oor Orlando stadium en die Bloubulle? Daar word mos al lank sokker gespeel op Loftus, Ellispark en op Nuweland? Hoekom haal daai wedstryde nie die nuus nie? Word die sokkerondersteuners ook so goed ontvang in Pretoria soos die rugbyondersteuners Saterdag in Soweto ontvang gaan word? Dis sommer ‘n paar goed waaroor ek wonder so op die vooraand van die Bulls vs Crusaders wedstryd in Soweto. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek dink dit is great! Wie sou kon dink dat eendag ver in die toekoms die ou Noord-Transvaal in Soweto gaan rugby speel, nogal vir ‘n semi. Wie sou dan nog daarby kon droom dat die stadion binne etlike ure uitverkoop sal wees en dat die locals van Soweto nie kan wag om die “boere” van Pretoria ‘n ding of twee oor braaivleis te leer nie. Die nuwe SA, you gotta love it! OK, terug na my openingsparagraaf. Hoekom die bohaai? Wat maak dit so vreemd wanneer ‘n oorwegende wit, Afrikaanssprekende sportspan en hul oorwegend wit Afrikaanse ondersteuning...

Simptome sonder 'n diagnose

Ek skryf vanaand oor my ontydige ontmoeting met die dood, my eie dood om presies te wees. My muse terwyl ek skryf is die bekfluitjie van Bob Dylan. (“it's getting dark, too dark to see, I feel I am knocking on heavens door...”) Die afgelope paar weke stoei ek met simptome wat wissel tussen malaria, bosluiskoors, sinussitus, babalas en een of ander bakteriele bliksem in my binneste. Oor die algemeen het ek die gemoedstoestand (asook die spysvertering) van ‘n ouma agter op die backseat terwyl haar kleinkind sy "maiden voyage" deur Bainskloof Pas onderneem, in pa se nuwe Audi... Die dokters gooi egter klippe in die bos om te kyk wat uitspring, dus het ek nou al buiksonars, breinskanderings en ‘n wilde lumber punch agter die blad (laasgenoemde was regtig agter die blad). Iemand moet nou nog net my prostaat kom voel dan is die hele boksomdice gecover. OK, so waar was my ontmoeting met die dood? In al die bogenoemde natuurlik. Ek doen nie goed met naalde, pille en hosp...

Perspektief

Hier vanuit ‘n vreemde land voel alles weer nugter en normaal, dis nou wat my emosies, vrese en vrae rakende die Republiek aanbetref. Ek vermoed dis bietjie anders wanneer jy elke dag die Beeld en die Rapport se brokkies (ou)nuus teen die straatligpale lees. Wanneer jy daar tussen Toskaanse boustyle, agter duur elektriese heinings wat 24uur deur “hulle” vir wie ons bang is opgepas word. Wanneer jy daagliks in jou groot, swart 4X4 die kinders by die privaatskool aflaai, jou haarkapper besoek, die nuutste skinder en klagtestories opdis en dan by die Virgin gym, saam met die res van die sokkermammas, rondom ‘n aarbei smoothie en skinny lattes praat oor Australie en Kanada en die visums wat nie wil realiseer nie. Wanneer Malema en Eugene die lugtyd kaap, lewend en sterwend. Wanneer oumas in huise vermoor word en babas in wiegies aan hul eie bloed verstik, wanneer skote klap, ruite breek en iewers agter 'n blink lessenaar ‘n hoogeplaasde die rassekaart speel en so die bal van veran...

Suid

Ek skryf 'n kort inskrywing vanuit Utrecht, Nederland. Ons toer Britanje en Europa vir drie weke. Sulke geleenthede gee 'n mens mos kans om weer met nuwe kykers te kyk na jou eie land, sy mense en jou eie verkongtheid daaraan. Nou, ek is verknog, versot, verlief op Suid-Afrika. Ek kan voel dat iewers in die verlede het my voorsate hier op die nooderlike vasteland diep spore getrap, maar sedertdien het die Afrikagrond my bloed gevlek met 'n diep, bruinrooi. Ek hoort Suid.

‘n Vakansie van ‘n agtergeblewende

Oor ‘n week of wat sal die uittog begin. Die tasse en toksakke is reeds afgestof, die coolerboks uitgespoel en splinternuwe swembroeke, strandhandoeke en visplakkies is ten duurste aangeskaf. Groot blink karre word vir oulaas gediens, karrevane word gewas, uitgepak en oorgepak. Op plekke soos Margate, Hartenbos en Stilbaai word liters draairoomys, bier en brandewyn aangekoop. Die slaghuise kry hul voorraad tjops en wors gereed en Four Cousins bottel vir ou laas ‘n paar duisend bottels soet en semi-soet wit, rooi en pienk partytjiewyn. Vrouens gaan vir selftan sessies, mans bo 40 is vir die eerste keer hierdie jaar in ‘n gym besig om hul lywe “strandgereed” te kry en iewers is ‘n matriekmeisie besig om haar eerste tattoo te beplan. Afrikaanse “popsterre” wat heel jaar lank liedjies sing met titels soos “Pomp jou wiele styf” en “Kap daai tannie kwaai” werk eweskielik hard aan ‘n kersfees CD vir die langpad. En salig onbewus van al hierdie opwindende dog uitputtende dinge is oupa en ouma...