Skip to main content

Posts

Skurwejantjie en die pitsweer

“Die hele straat is vrot van die pitswere” kla Tannie Gladdis by Oom Skurwes. “Vandat die Vuil Frikke in die woonstel onder die straat ingetrek het, is al wat ’n kind oortrek met pitswere en omlope.”   “O” mompel Oom Skurwes terwyl hy oor die koerant loer. Sy koffie staan al ’n uur lank langs hom. Hy het nog nie ’n sluk daarvan gevat nie. “Gaan jy nie jou koffie drink nie?” blaf sy vrou.  “Wat meen jy nou?” vra die oom. “Ek drink dit mos”. “Mos? Weet jy wat is mos? Dit groei aan die donkerkante van ou bome en klippe. Jou koffie staan al ’n uur lank daar en koud word. Waar was ek nou weer? O ja, omlope en pitswere.” Skurwejantjie weet al lankal dat hy hom nie eintlik hoef te steur aan sy ma en pa se oor en weer bakleiery nie. Sy maats dink altyd dat sy ouers vreeslik kwaai is, maar hy weet dat dit maar net hulle manier is van praat met mekaar. Die dag as sy ma of  sy pa regtig kwaad is, dan is selfs die duiwels en die booswigte bang om uit hul gate en grot...

Stil, daar gaan ’n leeu verby.

Daar is ’n leeu weer los in die Karoo en vir ’n vlietende oomblik kan ons die aarde se hart voel klop. Die oomblik is voorwaar kortstondig en hoe tragies hartseer is hierdie wete nie. Die Karoo hunker al eeue dat die spore van ’n maanhaarleeu vrylik die veld versier. Ons almal smag na leeu se kind. Die luiperd, die rooikat en selfs die lam. Die argetipe van ons eerste bestaan. Die beskermheer van ons moeder. Die koning van ons wildste drome brul oor die Hantam, die gedruis ruk die Tankwa. Die Namakwa is weer heel. Die Bo-karoo laat haar kinders dikmelk drink. Ons heelmaker loop tussen boegoe en vygies. Hy trap suutjies agter bobbejaan se spoor. Die koue winterswind vol stories van die eerste Matroosbergsneeu dans deur sy maanhare. Die sterrehemel staar. Stil, daar gaan ’n leeu verby. Hy sal nooit weer die kant langs loop nie. Teen skemeraand sal hy sneuwel in 'n ou rivierloop. Die laaste fossiel van ons verlange. Die knal van sy val sal eggo oor die oop ruimtes van ons en...

Merry Christmas sir.

Onder in die gang hoor hy die laaste voetstappe van kinders wat by die trappe af verdwyn. Die skoolklok se laaste lang lui wat die Desembervakansie aankondig, weerklank nog diep in sy oortromme. Sy tafel is vol geskenkies wat die kinders vir hom gebring het. Meestal potjies ingelêgde kosserasies van winkels soos Woolies, ’n bottel whiskey en heelwat biltong. By sy huis het hy ’n eindelose voorraad sulke proviant. Dis amper soveel soos die blikkieskos wat sy ma destyds in 1994 voor die eerste demokratiese verkiesing bymekaar gemaak het.  Sy klas weet dit nog nie. Nie eens die skoolhoof nie. Hy het reeds die besluit geneem, al weet hy nog nie wat op hom in Januarie wag nie. Hy is klaar met die onderwys. Vroeër die kwartaal het hy ’n groot uitval met sy hoof gehad. Dis eintlik belaglik dat twee groot mans so kinderagtig kan wees. Hy weet dit en hy weet die hoof weet dit ook. Sedert daardie groot baklei het iets in hom kom inkruip. ’n Gatvol gedagte. V oor hy hom kon kry het daard...

Die seuntjie en die boksie vuurhoutjies

Die wêreld het 'n wrede en donker plek geword. Jare gelede, toe mense sonder heinings en hoë mure geleef het, kon die son maklik tot in menseharte skyn, maar dit was al jare dat die son opgehou skyn het. So asof die son moed opgegee het en omdat die son nie meer wou skyn nie, het die dag ook weggekruip en alles was later oorheers deur die nag. Dit het so lank aangehou dat die meeste mense vergeet het hoe die lig gelyk het.   Tot een oggend, bitter vroeg. (Dit was slegs die uile wat geweet het dat dit oggend is, die res van die wêreld het nie geweet of dit dag of nag is nie, omdat alles so donker was.) Daardie oggend het alles verander. 'n Seuntjie het in die donkeroggend by die kombuisdeur uitgeglip en stilletjies die agterhekkie oopgemaak. Sy voetjies was yskoud op die paadjie wat geloop het na die ou boom met die vergete boomhuis. Hy wou, soos gewoonlik teen die boom se stam gaan speel het, maar daardie oggend heel toevallig, het hy ‘n leer teen die boom se stam gev...

Kerspapierverlange

Haar kersinkopies is reeds in Oktober al gedoen. Sy verpes oorvol winkelsentrums. Sy hou van haar lysies. Meer die afhandel daarvan as die spesifieke items op die lysie. ’n Winkeltrollie met ’n wiel wat wikkel is vir haar ’n boetiedood. Sy ken elke ry. Sy mors nie tyd in ’n Pick'nPay nie. By die huis het sy kaste vol geskenkpapier. Herwin dit al vir jare. Sy het dit mooi opgedeel in papier wat pas by kleinkinders en papier wat pas by volwassenes. Sy hou nie van die geskenkpakkies met die toutjies wat deesdae deur die jongmense gebruik word nie. Dis sommer luigatgeit. ’n Geskenk moet opgemaak word. Dis immers deel van die opwinding van kersdag. Kerskaartjies moet klein wees. Mens moet dit kan vas plak met sellotape sonder dat dit onnet lyk. Sy skryf altyd in hoofletters. Haar kerskaartjies is kort en saaklik.  “AAN KLEINBOET.  GESEENDE KERSFEES.  VAN OUMA.”  As al die geskenke oopgemaak is en almal doenig is met hul eie skatkis van speelgoed ...

So ook op die aarde...

In die eerste eeu na Christus het ‘n denkwyse soos ‘n veldbrand begin versprei. Dit word Gnostiek genoem. Die groot gedagte is dat hierdie wêreld inherent sleg is. Daar is ‘n hoër vlak van menswees, waar die siel verhewe is en naby aan God beweeg. Dinge soos politiek, werk, familie, eet, seks, tuinmaak, speelgoed is van ‘n laer vlak. Goed soos armoede, seerkry, lyding is ‘n teken van ‘n baie lae vlak van lewe. Die strewe is om van hierdie wereld en sy uitdagings, begeertes en swaarkry te ontsnap. Daar is ‘n eksklusiewe vorm van kennis/liefde wat vir ‘n mens verlossing bring, nie almal kan dit behaal nie. Jesus was nie regtig mens nie. Het ook nie regtig gesterf nie. Hy was die eerste om hierdie vlak van lewe te bereik. Die eerste stories oor Jesus was skaars op skrif toe versprei die virus reeds. Dit is een van die “backdrops” waarteen Paulus sy brief aan Romeine skryf. Paulus skryf in Romeine 8 oor die skepping wat ‘n vrou in baringsnood is. Haar water het gebreek. Kraampyne is...

Die Kombuis maak 'n Comeback

Ek onthou ons gesin se eerste  televisie baie goed. So ‘n groot een, ‘n Sony. My pa het ‘n ou jonkmanskas verander sodat die televisie daarin kon pas. Vroegoggende voor skool het ons kinders met mieliepapmonde grootoog na strokiesprente soos Grootbek en Katvis gekyk. Vir die res van die week het hulle die kas toegemaak, sodat ons kinders nie in die middae voor die televisie kon le en vrot nie. Op Sondae was dit Zet, Niels Holgersonn, Dawie die Kabouter of Niklaas.  Ons huis was nie juis ontwerp vir ‘n televisie nie. Ek onthou my pa-hulle het telke male die spreekwoordelike kassie geskuif opsoek na ‘n geskikte plek, maar elke keer het die huis gewen. Op ‘n keer het my ma vir pa gese: “Tokkelos, hierdie huis is nou maar net nie ‘n huis vir ‘n TV nie, kom ons sit eerder nog kaste in die kombuis.” Nou nog, is die kombuis in my ouers se huis die plek waar jy wil wees.  Daar is vir my min dinge beter as om saam met familie en vriende in die kombuis te kuier nie. Sommer...

Dans Dans Double Step

Toe ons jonk was het ons ‘n speletjie gespeel “Follow the leader”. Die punt was om die leier se bewegings te na-aap, hoe langer die spel aangehou het, hoe moeiliker het dit geword. Veral as die leier onverwags terug tree of stop. dan bots almal in mekaar vas. Om ‘n Jesus te volg voel vir my dikwels so. Jesus stop, of beweeg met eens vinniger, of draai skielik na regs en voor ek my kan kry is ek uit ritme uit.  Ritme is nie juis iets waarmee ek geseen is nie. Wanneer ek by mense gaan kuier verkies ek om die klokkie te lui, eerder as aan die deur te klop.  Ek is dus goed bekend met daardie “uit ritme” gevoel. Wanneer dit met ‘n mens op die dansbaan gebeur, veral wanneer jy saam met iemand anders dans, dan het jy een van twee opsies. Jy kan of stop, ‘n oomblik wag tot jy weer die ritme gevang het of jy kan sommer so in die dans ‘n "double step" gee met die hoop om die ritme te vang.  Hierdie “stop en wag”  of die “ekstra stappie” sien ek ook in my geloo...

Mandela Memorial #3 (Afrikaanse Liturgie met Antjie Krog se Rougesang)

Liturgie vir 'n Lewe van Versoening Ter nagedagtenis van Nelson Rolihlahla Madiba Mandela 11 Desember 2013 In hierdie adventstyd dink ons aan Madiba as ‘n pelgrim wat ver moes loop vir vryheid. Iemand wat die wereld se verbeelding aangegryp het deur vergelding te verruil vir vergifnis. Baie mense stap vandag saam met hierdie pelgrim, in die rigting van ‘n wêreld waar almal vry is om met menswaardigheid te leef. Ons vat hande met mekaar, ons ontdek ons eendersheid te midde van ons andersheid. Ons laat toe dat Afrika deur ons are vloei. Ons loop die pad met ‘n reenboog op die horison. Rondom ons hoor ons die toejuigings van ons voorouers, van hulle wat die pad reeds gestap het. Ons hoor die pleidooi van hulle wat op die pad gestruikel het. Ons struikel self. Iemand help ons op. Ons sien die bakens langs die weg en word herinner dat die pad lank is en al hoe moeiliker gaan word. Hoe verder ons agter hierdie aardsepelgrim aanstap hoe meer leer hy ons van versoening....

Mandela Memorial #2

"At the FNB Stadium, no matter how hard it tried to drive the event, the crowd became the backdrop of an event aimed at television cameras, speeches by people they had never heard of (speeches the crowds could not hear because of a dubious sound system), so that South Africans could hear how much other people appreciated Madiba." http://mg.co.za/article/2013-12-11-sa-forgotten-at-mandelas-memorial

Mandela Memorial #1

Looking back on today's memorial service at FNB stadium, I have to admit that I am somewhat disappointed. I know that it had to have a formal (political) side to it, but my opinion is that the organisers tried too hard to speak to an international audience from a government imagination, instead of giving ordinary South-Africans the opportunity to celebrate Madiba's life and unite in our shared grief. I hoped for more songs, liturgical prayers, testimonies from real South-Africans. I missed the presence of children and voices of young people. The audience participation was very limited. The screens were constantly off, which made it very difficult to feel connected to what happened on stage. A lot of the dignatries came into the stadium without being announced properly. Even the family members arrived unceremoniously at there seats. In the end, Cyril Ramaphosa had to reprimand the crowd and encourage us to be patient and listen quietly to all the remaining speeches. From the per...

Abba Madiba

Sedert Nelson Mandela se afsterwe kan ek nie ophou dink aan die oom en die tannie op die dorp wat se naam onlangs verander het, aan die hoopvolle Afrikaanse kunstenaar iewers op die hoofweg tussen Colesberg en Hanover, aan die kleinkinders van die boer wie onlangs vermoor is, aan die skoolhoof wat nog wag op handboeke, aan die afgetrede onderwyser wat weer begin skool gee het, aan die oupa wie se pensioen opgeraak het, aan hom wat sedert 1994 sukkel om werk te kry, aan die hoopvolles wat onlangs matriekeindeksamen geskryf het, aan die tannie by die bank, die tannie by die weeshuis en die oom by die poskantoor. Ek dink aan die kelner, die konstabel en die aanskofskoonmaker. Die eienaars en die eenmansake, die diknekke en die direkteure. en aan elkeen wat daagliks opstaan om die pot aan die kook te hou. Ek dink aan die manne van die buurtwag, die vriende by die braai en die ouens in die gym. Ek dink aan die ouma van die swanger tiener, die verpleegster by Baragwanath Hospitaal, die...

By die doopvont is ons nóg gay, nóg straight.

Ons het al ’n ver pad gestap. Die mense van die kerk meen ek. Met die kerk bedoel ek my kerk. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. In 1843 het die gemeente van Tulbach geskeur weens mense se onversoenbaarheid rakende die sakramente. Die legende lui dat ’n baba van ’n jong ongetroude meisie gedoop is en dit het sekere gemeenteleiers rooi laat sien.  Daar is baie sulke hartseer verhale. Nie almal het op kerkskeuring uitgeloop nie, maar baie het krake en skeure in harte van goeie gelowige mense veroorsaak. Die jare 70’s en 80’s toe ek ’n kind was het sy pond vleis van my generasie geeis. Die land was ook ietwat anders vir Afrikaanse kerkmense in daardie tyd. Dalk in sekere opsigte meer eenvoudig. Jou opsies was minder, wat dan ook bygedra het tot die moontlikheid van verwerping indien jy meer links van die linker regop paal die lewe benader het. Twee vriendinne van my het albei in die jare 80’s en vroeg 90’s uit die kas gekom. Die pyn van verwerping en die so...

Tata Madiba.

For my smoking friends

The Holy Tree'nity and June Sixteen

I believe that trees are holy. They remind us of God. When I studied at Stellenbosch I daily visited the university's botanical garden. In the garden they had Olive trees that were grown from cuttings of the Olive trees from the garden of Gethsemane where Jesus spent his last night praying before his death. Praying under those trees I imagined myself being deeply rooted to the night his friends betrayed him and He died for them and also for me.  I have a friend that can really go deep when it comes to trees. Also a fellow Joburger, he grew up in the city with most trees in the world. Johannesburg is truly a manmade forest. My friend's name is Jan. A very Afrikaner name, although Jan is not your typical Afrikaner. (add your own stereotype here) Every now and then we will share a glass of wine and Jan will light his pipe. Most of the time we speak of trees. At every conversation he reminds me of how old trees are. Long before man, trees were. One of his favourite ...

Sommige mense is 'n tonic vir die siel

Onse Moeder

Onse Moeder wat orals is alles van U is heilig U aarde is ons tuiste mag alles wat goed en mooi is gebeur mag die hemel meer soos die aarde word U borsvoed ons met nuwe lewe elke dag,  oorgenoeg. Vee af die snot aan ons neuse en leer ons om nie te boelie nie Kom le by ons in die donker en hou ons vas in die koue nag. Aan U behoort die liefde en die skoonheid tot in alle ewigheid. Amen

Hemelvaart

Coenie Burger skryf oor die hemelvaart as die afgeskeepte Christenfees. Vir moderne mense is die gedagte van Jesus wat op die wolke boontoe is, natuurlik ‘n vreemde konsep. Vandag weet ons dat die wereld rond is en dat daar nie noodwendig ‘n bo of ‘n onder is nie.  Vir die eerste Christene was dit egter nie ‘n wetenskaplike vraag nie, maar eerder ‘n godsdienstige gebeurtenis wat hulle hele lewe in ‘n heel nuwe rigting gestuur het. Daar is besonders baie simboliek in die manier hoe die skrywers van die Nuwe Testament oor Jesus se hemelvaart skryf. Veral Lukas het moeite gedoen om sy hoorders en lesers tot by daardie besonderse dag te bring en hulle, of eerder ons, te help om die dieper betekenis daarvan te sien.  En al hoe wel ons vandag in ‘n heel ander leefwereld leef, kan die hemelvaart ons nog baie help om God se teenwoordigheid in hierdie lewe raak te sien en te verstaan. Ek onthou die pentjie in die kinderbybel van Jesus se hemelvaart baie goed. My eerste ge...