Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2008

Verandering

Ek kyk vandag vir myself in die spieël. Ek sien lyntjies, sproete en merkies. Ek sien jare se onvermoë om uit my maag te lag. Ek sien die onseker oogkontak tussen my en mense vreemd en bekend. In my mondhoeke skuil die vervolmaakte kuns van flou grappies om die kollig weg van myself of subtiel op my te kry. Ek sien die lugleemte in my binneste van te min dink, te min droom, te min glo en te min hoop. Ek sien die oggende van nie bly wees oor nog ‘n dag nie. Ek sien die jukstaposisie tussen my krag en my swakheid. Ek sien dat ek te dikwels oorleun in die rigting laasgenoemde. Ek sien die min slaap, die laat slaap, die lusteloosheid van die afwesigheid van passie wat deur my are borrel. En nou...nadat ek lank genoeg na hierdie “hopeloos te oud vir sy tyd” gesig gestaar het, besluit ek om depressie ‘n moerse pit te druk. Fok dit! Fok die gat waarin ek gekruip het. Vandag klim ek uit, so help my God. Vandag voel ek nie meer ‘n veer nie. Vandag delf ek diep in my binneste vir die flikkering