Skip to main content

Posts

Showing posts from May, 2008

Vreesloos

My ma het op my ouma afgekom waar sy, soos altyd, agter in haar groentetuintjie tussen suurlemoene en rankbootjies was. Sy het met haar gesig teen die grond gele, die lewe uit haar lyf gewurg. Haar huisie wat sy elke dag kompulsief skoon gemaak het, was vuil en woes agtergelaat. Haar kaste deurmekaar gekrap en haar beregoed het orals op die netjies opgemaakte bed gele. In die kombuis op die vloer het ‘n half lee koekieblik oopbek gele en gaap, die krummels die wereld vol. Wie vermoor ‘n ouma en steel dan ‘n paar koekies? Hy kon gevra het? Hy kon gebedel het? Hy sou waarskynlik die hele blik gekry het. Sy het nie iewers langs ‘n snelweg naby die stad gebly nie, ook nie duskant ‘n tronk of ‘n plakkerskamp nie. Sy was nie laatnag op ‘n trein beroof nie. Sy was bloot besig om haar laaste jare van ‘n vol lewe tussen granadellas, pronk ertjies en stink afrikanertjies uit te leef. Haar storie is ongelukkig nie uniek nie. Soos vele ander Suid-Afrikaners het my ouma deel geraak van ‘n wrede sta