Skip to main content

Posts

Showing posts from April, 2010

Perspektief

Hier vanuit ‘n vreemde land voel alles weer nugter en normaal, dis nou wat my emosies, vrese en vrae rakende die Republiek aanbetref. Ek vermoed dis bietjie anders wanneer jy elke dag die Beeld en die Rapport se brokkies (ou)nuus teen die straatligpale lees. Wanneer jy daar tussen Toskaanse boustyle, agter duur elektriese heinings wat 24uur deur “hulle” vir wie ons bang is opgepas word. Wanneer jy daagliks in jou groot, swart 4X4 die kinders by die privaatskool aflaai, jou haarkapper besoek, die nuutste skinder en klagtestories opdis en dan by die Virgin gym, saam met die res van die sokkermammas, rondom ‘n aarbei smoothie en skinny lattes praat oor Australie en Kanada en die visums wat nie wil realiseer nie. Wanneer Malema en Eugene die lugtyd kaap, lewend en sterwend. Wanneer oumas in huise vermoor word en babas in wiegies aan hul eie bloed verstik, wanneer skote klap, ruite breek en iewers agter 'n blink lessenaar ‘n hoogeplaasde die rassekaart speel en so die bal van verantwoor

Suid

Ek skryf 'n kort inskrywing vanuit Utrecht, Nederland. Ons toer Britanje en Europa vir drie weke. Sulke geleenthede gee 'n mens mos kans om weer met nuwe kykers te kyk na jou eie land, sy mense en jou eie verkongtheid daaraan. Nou, ek is verknog, versot, verlief op Suid-Afrika. Ek kan voel dat iewers in die verlede het my voorsate hier op die nooderlike vasteland diep spore getrap, maar sedertdien het die Afrikagrond my bloed gevlek met 'n diep, bruinrooi. Ek hoort Suid.