Skip to main content

Posts

Showing posts from May, 2013

Sommige mense is 'n tonic vir die siel

Onse Moeder

Onse Moeder wat orals is alles van U is heilig U aarde is ons tuiste mag alles wat goed en mooi is gebeur mag die hemel meer soos die aarde word U borsvoed ons met nuwe lewe elke dag,  oorgenoeg. Vee af die snot aan ons neuse en leer ons om nie te boelie nie Kom le by ons in die donker en hou ons vas in die koue nag. Aan U behoort die liefde en die skoonheid tot in alle ewigheid. Amen

Hemelvaart

Coenie Burger skryf oor die hemelvaart as die afgeskeepte Christenfees. Vir moderne mense is die gedagte van Jesus wat op die wolke boontoe is, natuurlik ‘n vreemde konsep. Vandag weet ons dat die wereld rond is en dat daar nie noodwendig ‘n bo of ‘n onder is nie.  Vir die eerste Christene was dit egter nie ‘n wetenskaplike vraag nie, maar eerder ‘n godsdienstige gebeurtenis wat hulle hele lewe in ‘n heel nuwe rigting gestuur het. Daar is besonders baie simboliek in die manier hoe die skrywers van die Nuwe Testament oor Jesus se hemelvaart skryf. Veral Lukas het moeite gedoen om sy hoorders en lesers tot by daardie besonderse dag te bring en hulle, of eerder ons, te help om die dieper betekenis daarvan te sien.  En al hoe wel ons vandag in ‘n heel ander leefwereld leef, kan die hemelvaart ons nog baie help om God se teenwoordigheid in hierdie lewe raak te sien en te verstaan. Ek onthou die pentjie in die kinderbybel van Jesus se hemelvaart baie goed. My eerste gedagte was