Skip to main content

Posts

Showing posts from July, 2010

My eerste nagmaal, tot my ouma se skande

Ek onthou die dae toe nagmaal net vir grootmense was. By die kerkie op die dorp waar ek groot geword het was nagmaal ‘n groot ding. Die beste swart pakke is afgestof, spier wit dasse was blink gestryk, hoedens is uit die Kaap aangery, die orrel se pype is skoon geblaas en die tuintjie voor die trappe by die ingang van die kerk het selfs in die koudste winter kleurvol geblom. Alles moes perfek wees, ook diegene wat deel wou he aan die nagmaal. Die dominee het seker gemaak die dorpie weet hoe heilig die nagmaal is en dat slegs heilige mense die nagmaal “mog” gebruik. Vader land, praat nou van pressure, maar anders as by ander kerk het ons mense nie geskroom om hul heiligheid op hul mou te dra nie. Nee wat, net nou begin die dorp skinder oor hoekom jy nie die nagmaal wil gebruik nie, dus moet jy maar eerder seker maak die masker wat jy dra is silwer skoon, of is dit nou wit gepleister? Hoe dit ookal sy, ek onthou nog my eerste nagmaalservaring. Ek was nog in my voorskool dae en het die

Maak vir Sepp die Prez...

Ek voel vandag skoon depres. Dis nie meer hier nie. Dis verby. Daar is niks meer oor om te voel nie. Spanje kraai koning, die res van die wereld het reeds aanbeweeg en duisende Suid-Afrikaners wonder wat om met al die goedkoop, papierdun vlae te maak. Maar ai dit was lekker. 6 weke van goeie sokker, boonop nog op SABC ook. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek nie myself verwyt vir die gebrek aan ‘n dekodeerder en ‘n skottel nie. Nog ‘n kerel wat waarskynlik vandag bietjie depres voel is ons eie Prez, Jacob Zuma. Want sien die afgelope tyd moes hy tweede kitaar speel terwyl Sepp Blatter beheer geneem het oor die Republiek. En het hy nie ‘n goeie job gedoen nie. Die polisie was gewapen en paraad, die paaie was blink en skoon, die rye was lank maar vinnig en die vibe, ag die vibe was fantasties. Vir ‘n beter intree prez kon ons nie gevra het nie. Draai natuurlik ‘n blinde oog vir Sepp en vriende se een groot agenda met FIFA sokker en hul gasheerlande: WINS, moerse baie wins. Teru