Skip to main content

Posts

Showing posts from December, 2009

‘n Vakansie van ‘n agtergeblewende

Oor ‘n week of wat sal die uittog begin. Die tasse en toksakke is reeds afgestof, die coolerboks uitgespoel en splinternuwe swembroeke, strandhandoeke en visplakkies is ten duurste aangeskaf. Groot blink karre word vir oulaas gediens, karrevane word gewas, uitgepak en oorgepak. Op plekke soos Margate, Hartenbos en Stilbaai word liters draairoomys, bier en brandewyn aangekoop. Die slaghuise kry hul voorraad tjops en wors gereed en Four Cousins bottel vir ou laas ‘n paar duisend bottels soet en semi-soet wit, rooi en pienk partytjiewyn. Vrouens gaan vir selftan sessies, mans bo 40 is vir die eerste keer hierdie jaar in ‘n gym besig om hul lywe “strandgereed” te kry en iewers is ‘n matriekmeisie besig om haar eerste tattoo te beplan. Afrikaanse “popsterre” wat heel jaar lank liedjies sing met titels soos “Pomp jou wiele styf” en “Kap daai tannie kwaai” werk eweskielik hard aan ‘n kersfees CD vir die langpad. En salig onbewus van al hierdie opwindende dog uitputtende dinge is oupa en ouma