Skip to main content

Posts

Showing posts from September, 2008

Glase goeie wyn

Ek en El is mal daaroor om vriende by ons huis te ontvang. Vir ons is dit kerk. Vriende en vreemdelinge rondom ‘n tafel vol kleure en geure. Kerse brand die wêreld vol, die kombuis is warm op ‘n koue wintersaand. Glase vol goeie wyn beloof dat die aand nog wonderlike stories gaan optower. Ons praat en lag en elkeen rondom die tafel se woorde word gehoor, se lewens kry ‘n plek op ‘n podium. Ons raak diep en filosofies, soms laf en kinderagtig. Nog elke keer rondom ons kombuistafel, selfs die kere waar ons een van my ma se tuisnywerheid pasteie warm maak, het ek gevoel dat die spasie tussen ons en God besonders dun is. Deur die eeue het gelowiges van sulke spasies as “Thin Places” gepraat. God is amper tasbaar naby. Een van ons vriendinne, Daleen Crafford...is ‘n kos fundi by uitstek. Wanneer sy vriende by haar huis ontvang is dit gewoonlik ‘n fancy affêre. Sy gaan groot met die geregte, maar bedien elke dis apart. En sy vat haar tyd, teen twaalf uur is daar nog geen sprake van poeding n

Uit met die oudedoos...

Ek het sopas van ‘n doos vol boeke ontslae geraak. Lanklaas het ek so verlig en bevry gevoel soos nou. Hierdie boeke het ek sedert my studies by die kweekskool op Stellenbosch bymekaar geskraap en met my saam gedra met die hoop om iewers agter ‘n kansel een van hulle aan te haal. “Hoe anders gaan die kerkraad weet ek is my sous as prediker werd?” het ek naiwelik in daardie dae gedink toe ek keer op keer met nog ‘n teologiese treffer onder my arm by die plaaslike boekwinkel uitgestap het. Maar soos die nadraai van kweekskool aangebreek het en die krake in my godsdienstige viniel begin wys het, het ek tot bevrydende slotsom gekom dat ek nog nie een van hierdie boeke gelees het nie. ‘n Paar het al sover gekom om my aandag tot duskant die inhoudsopgawe te kry, maar dan sou die Huisgenoot in die toilet my aandag trek en Calvyn, Jonker, Durand en Barth sou dan weereens moes wag vir ‘n nuwe roering van die akademiese gees in my. 6 jaar se studies en ek weet nog steeds nie wat beteken “plaatsb