Skip to main content

Posts

Showing posts from October, 2008

'n Pelgrim met goeie nuus

Ek hoor dikwels die “reeds-baie-holrug-geryde, maar-tog-spyker-op-die-kop-waar” stelling : Christene is fake. “Julle leef nie wat julle verkondig nie. Voor die dominee is julle heilig, maar by die braai is jy vol grappies. Die manier hoe julle oor God praat klink oud en oor sy vervaldatum, soos melk in ‘n straatkaffeeyskas. Die God waarvan julle sing en bid het iewers duskant die 325 afgetree, of 6000 jaar gelede opgehou skep. Volgens julle rus Hy nou...” Maar dalk is die probleem nie individuele Christene nie (in elkgeval nie die hele lot nie), maar eerder die paradigma waarin Christene hul geloof probeer verwoord het en die gebrek aan goeie, bevrydende intellektuele leiding, wat ons gebring het tot waar ons nou is. Die kerk was eens op ‘n tyd die intellektuele pasaangewer in ‘n donker wêreld vol bygelowe en vrese. Totdat die mense begin droom en ontdek het. Copernicus, Columbus, Descartes en Darwin het met nuwe stories, metafore, idees en feite vorendag gekom. Later, met die koms van

Vicky Venter

Vicky Venter was ‘n meisie van die verkeerde kant van die spoorlyn op die dorp waar ek leer praat, loop en leef het. Met haar blas vel en "reguit-af hare" soos in my ma se Sarie tydskrifte was sy die mooiste meisie in die gekombineerde Sub A en B klas van 1988. As dit nie was vir die “oversize hand me down” skoolklere en haar vuil vingernaels nie, sou daar waarskynlik meer sulke stories oor Vicky vertel kon word, maar die dice het nie vir Vicky reg geval nie en dus is hierdie die enigste storie (tot my skande) wat ek oor haar kan skryf. Sy was my eerste meisie, half teen my sin en te danke aan ons bure se seun, Jakkie. Ek, Jakkie en nog iemand wie se gesig en naam my ontduik moes na skool detensie sit. Ek dink ek het my L.O. klere vergeet en Jakkie het seker weer die vetkryte opgekou. “Vicky, Fourie wil met jou kys” het Jakkie uit sy beurt kwytgeraak. Ek verstik amper aan die korsie van my pousebroodjie en kry om die dood toe nie geprotesteer nie. Vicky is uit haar sko