Skip to main content

Posts

Showing posts from January, 2012

Die dag toe Mev.Paashaas Kersfees gered het.

Dit was nie ‘n gewone kersfees nie. Kersvader was immers nog altyd op sy pos, sedert die heel eerste kersfees toe kinders nog met houtspeelgoed tevrede was. Maar hierdie kersfees het die ou man met die wit baard en die groot boepens ‘n lelike verkoue opgetel toe hy een oggend vroeg in die sneeu met sy slee vasgesit het. Die Kersfees Maatskappy het wyd en syd gesoek vir ‘n plaasvervanger vir Kersvader. Al die bekendes het vir sy pos aansoek gedoen. Van die Tande Muis tot Liewe Heksie. Selfs die Man op die Maan het sy CV ingestuur, maar weens die hoe brandstofpryse kon hulle dit nie bekostig om hom vir ‘n onderhoud te kry nie, sy aansoek is dus nie aanvaar nie. Op die ou einde van die dag het Mnr.Paashaas die beste in die onderhoude gevaar. Hy het immers baie ervaring van publieke vakansiedae en moet self tydens ‘n baie besige naweek die wereld vol sy rondtes doen om seker te maak dat almal paaseiers het om weg te steek. Die Kersfees Maatskappy het toe besluit om vir Mnr.Paashaa