Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2013

Ek sou ook vir Jesus verraai het...

Vanaand vier Christene die Laaste Avondmaal. Ons dink na oor die gebeure van daardie nag, meer as 2000 jaar gelede. Ons bevind onsself rondom die tafel toe voete gewas is, brood gebreek is, vriende op mekaar gedraai het en hul Messias uitgelewer het aan 'n wrede genadelose sisteem.  Toe ek 'n klein seuntjie was het hierdie verhaal my diep geraak. Ek was vas oortuig dat as ek daardie nag deel van Jesus se vriendekring was, sou dinge anders gewees het. Jare later sou mense oor my heldedade van daardie nag geskryf het. My storie sou die antitese van Judas gewees het. Vandag, as volwassene is ek egter diep bewus van die Judasbok binne my. Lydenstyd is immers 'n uitnodiging om kennis te maak met die verraaier wat skuil in elke hart. Hierdie tyd waarsku ons om nie te gou na die lee graf te hardloop nie, nie voordat jy eers die haan hoor kraai het nie. Om by Sondag uit te kom, moet jy eers by Vrydag stil staan.  Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus brood gebreek, dit in sous

Die mensbeskouing van 'n spyskaart

Ek en my vrou het onlangs by een van Johannesburg se top restaurante uitgeeet. Agterop die spyskaart was daar die volgende instruksies, versoek en waarskuwings. Die diplomatiese bewoording het my aandag getrek, maar meer nog die mensbeskouing wat daaragter skuil.  Kelners kan vergeetagtig wees. Rokers kan dalk die deftige eetplek verwar met die rokersarea van die Dros.  Sommige mense mag dalk sterf as hulle nie kyk voor hulle kou nie.  Drinkers hou oor die algemeen van 'n kroeg met baie drank.  Die kok hou nie daarvan as jy jou eie kosvoorkeure het nie. Mense met selfone is dikwels poepolle. 

Hemel op aarde

Die teologie agter Afrikaanse spreekwoorde

Geniet God

Soms moet jy sit te midde van geweld