Skip to main content

Posts

Showing posts from March, 2009

'n Groen middelklas

Alhoewel hierdie artikel oor ‘n groen leefstyl gaan is daar niks groen hieraan nie. Ek skryf dit in ‘n koffiewinkel in Secunda, vader alleen weet hoe ek hier beland het. Die “aircon” is op fullblast en dis nie eers warm buite nie. Rondom die dorp is groot torings wat geduring vlamme en rook die lug in blaas, soos die vraag vir energie en krag net groter en groter raak. Die koffie wat ek drink het iewers per skip, vliegtuig of trein hier beland, aan die bitter smaak daarvan weet ek dit prut al die heel dag op ‘n warm plaat. ‘n Paar weke gelede is het Polo 1.4 spoorloos verdwyn (die polisie krap nou nog kop...), sedertdien rits ons rond in ‘n geleende 4X4 3liter monster. My ekologiese voetspoor is vandag onbegryplik groot. Ek gaan ‘n hele boord se bome moet plant as ek môre weer by die huis terug is. ‘n Veldtog getiteld Trees for Africa het ‘n hulpmiddel op hul webblad wat jou help om jou koolstof voetspoor te meet en dan aan die hand daarvan die aantal bome bereken wat jy moet plant om