Skip to main content

Posts

Showing posts from November, 2009

My kop R(a)as, Dumisani!

Kyk, nou rafel dinge heel te mal uit. Ek kon nog die weekspan van die Bokke se verloor teen die Tiere hanteer. Daar is immers iets spesiaal daaraan wanneer die beste span in die wêreld bloedneus geslaan word deur ‘n buiteperd. Dis soos daai keer toe my laerskool vriend Pietman (tans ‘n kranige musikant met die naam Peter Mitchell) die plaaslike boelie tydens pouse bygedam het. Die boelie het na die tyd gekla dat ou Pieta vuilgespeel het, dat die turf waarop hulle gestoei het ongelyk was en dat dit tog beter sou gewees het om eerder na skool te baklei as tydens pouse. Ons almal het egter geweet dat dit flou argumente van ‘n sleg verloorder was en dat Pietman se sogenaamde “lucky” linker op enige ander dag die boelie met sy logge liggaam ter helle sou laat neerdaal het. Pietman was sedertdien my “hero”. Dus het ek in teorie nie ‘n probleem met die weekspan se loesing nie. Maar toe gebeur laas Vrydagnag. Hier is soos ek dit vaagweg kon onthou: 21:20: Ons kyk die wedstryd by die naaste kro