Skip to main content

Posts

Showing posts from August, 2008

Geagte broer die besoekende predikant

Ek het Sondag vir die eerste keer in ʼn lang tyd uit die kerk geloop. Tien minute in jou boodskap in toe kon ek dit nie meer vat nie. Sedert die viniel van my eie godsdienstigheid ʼn lelike krapmerk gekry het, is my bulshit detector sky high en met alle respekte kwytgeraak, wat jy Sondag van die kansel aan goedbedoelde gelowiges probeer verkwansel het, het my radar die hoogtes in laat skiet. Kom ek val sommer met die klagte(s) by die kerkdeur in. Waar het jy geleer om so hoogdrawend te praat? Dink jy die boodskap gaan meer roerend en meer geloofwaardig wees as jy letterlik tussen elke woord van toonhoogte verander en dan aan die einde van elke sin soos ‘n kapokhaan agter die kansel staan en hop? Dink jy die mense wat voor jou gesit het is dom? Hardhorend? Of op die randjie van die hel? Jy hoef nie op my te geskree het nie, jy kon net vir die klankman gevra het om jou mikrofoon ʼn bietjie op te draai, dan sou selfs die ouma agter in die hoek jou kon hoor. Broer, hoe lankal het geweet dat j