Skip to main content

Posts

Showing posts from February, 2008

Erfgoed

My ouma aan my ma se kant was ‘n netjies vrou. Alles was altyd op haar plek. Sy het tot haar dood toe nog elke 2de dag die huis van voor tot agter gespringclean. G’n mens kon met haar huishou wanneer sy, gewapen met die stofsuier, handy andy en my oupa se ou stukkende onderbroek die huis en alles daarin reggetrek het, afgestof het en blink gevryf het nie. My ma is anders. Haar huis word net een keer in ‘n week reggetrek...en dit, tot die dominee se skande, nogals op die Sondag ook. Elke keer net voor die mense kom tee drink, is dit chaos soos sy spartel om alles op hul plek...onder ‘n bed of agter ‘n kas in te kry. Met my ouma se dood het my ma ‘n baie duur porselyn eetstel van haar ma geërf. Dit was ‘n trougeskenk van my oupa af wat my ouma feitlik vir ewig veilig agter ‘n vertoonkas (wat ek toe geerf het!) gebêre het. Want, het sy altyd gesê, ‘n eetgery soos die, moet ‘n mens bêre vir ‘n spesiale geleentheid. Daardie geleentheid het nooit gekom nie en my ouma het maar altyd net die

Yunis (Iewers verlede jaar geskryf)

Elke tweede week help Yunis om ons huisie weer leefbaar te maak. Ons het die gebruik om aan die einde van die dag, voor ons haar na haar huis in Bloekombos neem, saam koffie te drink. Meeste van die tyd is daar nie eintlik iets spesiaal aan die klein ritueel nie. Sy sit by die tafel en ek maak die koffie. Melk met drie suiker, ek drink dit swart, Elmarie drink tee. Dit is selde dat ons praat. Waarskynlik omdat die twee werelde net te groot is en die tyd wat ons haar ken te min. Verlede week was egter anders. Dieselfde storie, drie suiker, een met melk die ander een swart en ‘n potjie tee. Ons vra haar uit oor haar kinders. Sy het vier, die eerste een gekry op 17, sy is nou 34, uiteindelik getroud. If we get pregnant now, it ill be very bad, se Elmarie. Ek verstik amper aan my stuk beskuit. Why? vra Yunis. Ag Yunis, we are too young. No, you should have two by now. Eish, is al Xhosa wat ek op daardie oomblik uitkry. No, we first want to see the world. A child is a blessing, Faure, you m

Nòg Afrikaner, nòg Afrikaan.

Ek is nie ‘n Afrikaner nie, nòg ‘n Afrikaan. Die ander dag help ek ‘n vriend om sy meisie se meubels aan te ry. Half lomp sukkel ons met ‘n wasmasjien uit die vorige bedeling: Groot, swaar en wit. Etlike oomblikke voor my vriend die bleddie ding op my voet neersit, stop ‘n statige swart vrou in ‘n spier wit 4x4 langs ons en vra vir rigting (‘n cream kleur Datsun dam agter haar op...). My vriend se engels is my een vooruit, dus doen hy die praatwerk terwyl ek hom in my binneste vloek oor die wasmasjien en die yskas wat nog op ons wag. “Then you turn right at the first robot en go straight, no wait you go left at the first and straight past the 7 Eleven, untill you see ‘n tree on your left, then you turn right. OK?” Vriendelik bedank sy hom en ry daar weg. Skaars het ons die wasmajien weer in ‘n half nelson beet, toe die datsun op ons aandag wag. ‘n Vrou met ‘n maand oue perm en lipstiffie wat pas by haar skril pienk oorbelle kondig oopbek aan: “Julle kan haar maar enige kak vertel, sy g