Skip to main content

Posts

Showing posts from June, 2012

die gevaar van net een storie

dit is so maklik om te leef met net een storie oor die ander. hierdie praatjie van Chimamanda Adichie daag my uit om anders na die ander te kyk.

Romeine 12:9-21 (vryhand, tong in die kies)

Jy moet regtig lief he. Delete jou junkmail folder gereeld. Opgradeer jou anit-virus program. Hou jou besig met goeie goed. Nooi jou buurman oor vir ‘n braai. As jy die sypaadjie voor jou huis se gras sny, sny jou buurvrou s’n ook. Moenie opgee nie. Byt vas. Doen wat God van jou vra. Wees opgewonde oor al die nuwe moontlikhede. As dinge rof gaan, staan sterk. Praat gereeld met God. Help waar jy kan. Deel uit wat jy het. As iemand iets lelik aan jou doen, moet dan nie dink jy het ‘n rede om te skinder te nie. Sommige mense is hartseer, ander is gelukkig. Leef altyd met deernis en empatie. Moenie so windgat wees nie. Luister vir ‘n slag. Moenie jou swembadwater in jou buurman se groente tuin laat afloop nie. As jou buurman ‘n poepol is, moenie jy dan ook een wees nie. As dit vir jou moontlik is, probeer om van almal te hou. Laat God worry oor hulle wat jou te na kom. Laat jou woede staan. Maak vrede. Vergewe. Wees ‘n geniunely nice teenoor hull