Skip to main content

Posts

Showing posts from June, 2015

So ook op die aarde...

In die eerste eeu na Christus het ‘n denkwyse soos ‘n veldbrand begin versprei. Dit word Gnostiek genoem. Die groot gedagte is dat hierdie wêreld inherent sleg is. Daar is ‘n hoër vlak van menswees, waar die siel verhewe is en naby aan God beweeg. Dinge soos politiek, werk, familie, eet, seks, tuinmaak, speelgoed is van ‘n laer vlak. Goed soos armoede, seerkry, lyding is ‘n teken van ‘n baie lae vlak van lewe. Die strewe is om van hierdie wereld en sy uitdagings, begeertes en swaarkry te ontsnap. Daar is ‘n eksklusiewe vorm van kennis/liefde wat vir ‘n mens verlossing bring, nie almal kan dit behaal nie. Jesus was nie regtig mens nie. Het ook nie regtig gesterf nie. Hy was die eerste om hierdie vlak van lewe te bereik. Die eerste stories oor Jesus was skaars op skrif toe versprei die virus reeds. Dit is een van die “backdrops” waarteen Paulus sy brief aan Romeine skryf. Paulus skryf in Romeine 8 oor die skepping wat ‘n vrou in baringsnood is. Haar water het gebreek. Kraampyne is

Die Kombuis maak 'n Comeback

Ek onthou ons gesin se eerste  televisie baie goed. So ‘n groot een, ‘n Sony. My pa het ‘n ou jonkmanskas verander sodat die televisie daarin kon pas. Vroegoggende voor skool het ons kinders met mieliepapmonde grootoog na strokiesprente soos Grootbek en Katvis gekyk. Vir die res van die week het hulle die kas toegemaak, sodat ons kinders nie in die middae voor die televisie kon le en vrot nie. Op Sondae was dit Zet, Niels Holgersonn, Dawie die Kabouter of Niklaas.  Ons huis was nie juis ontwerp vir ‘n televisie nie. Ek onthou my pa-hulle het telke male die spreekwoordelike kassie geskuif opsoek na ‘n geskikte plek, maar elke keer het die huis gewen. Op ‘n keer het my ma vir pa gese: “Tokkelos, hierdie huis is nou maar net nie ‘n huis vir ‘n TV nie, kom ons sit eerder nog kaste in die kombuis.” Nou nog, is die kombuis in my ouers se huis die plek waar jy wil wees.  Daar is vir my min dinge beter as om saam met familie en vriende in die kombuis te kuier nie. Sommer so staan-staa

Dans Dans Double Step

Toe ons jonk was het ons ‘n speletjie gespeel “Follow the leader”. Die punt was om die leier se bewegings te na-aap, hoe langer die spel aangehou het, hoe moeiliker het dit geword. Veral as die leier onverwags terug tree of stop. dan bots almal in mekaar vas. Om ‘n Jesus te volg voel vir my dikwels so. Jesus stop, of beweeg met eens vinniger, of draai skielik na regs en voor ek my kan kry is ek uit ritme uit.  Ritme is nie juis iets waarmee ek geseen is nie. Wanneer ek by mense gaan kuier verkies ek om die klokkie te lui, eerder as aan die deur te klop.  Ek is dus goed bekend met daardie “uit ritme” gevoel. Wanneer dit met ‘n mens op die dansbaan gebeur, veral wanneer jy saam met iemand anders dans, dan het jy een van twee opsies. Jy kan of stop, ‘n oomblik wag tot jy weer die ritme gevang het of jy kan sommer so in die dans ‘n "double step" gee met die hoop om die ritme te vang.  Hierdie “stop en wag”  of die “ekstra stappie” sien ek ook in my geloofsreis sa